Dagboek vir die
Dagboek vir die

Dagboek vir die

Ronelle Rademeyer
Onthou Keinab se skietdag

Keinab BV en Agra Safari Den hou hul 5de jaarlikse skietdag op 5 Mei om 07:00 by die Keinab BV-saal. Vyf kompetisies word aangebied en groot pryse kan gewen word. Vroueskuts kan ook deelneem en daar is 'n afdeling vir kinders onder 12 jaar. Op 4 Mei om 08:00 word 'n herlaai-kursus aangebied. Beperkte verblyf kan gereël word. Kontak vir Jaco van Niekerk by 063 683485, Kobus Visser by 063 683491 of Donnie Oberholster by 063 683736.



Kursus oor wildsiektes aangebied

Agra ProVision bied 'n kursus in siektes onder wild aan op 7 Mei vanaf 08:00 – 16:00 by die Agra ProVision Opleidingsentrum wat by Agra Hyper in Lafrenz, Windhoek, geleë is. Dr. Rainer Hassel bied die kursus aan en die kostes beloop N$510 per persoon. Kontak Agra ProVision by 061 2909208, of [email protected].



Hoërand vier 60 jaar

Die Hoërand BV vier sy 60ste bestaansjaar vanaf 25 – 27 Mei by Sandrücken (plaas Witdam van Johnny Hanekom) in die Maltahöhe-distrik. Daar word met Landrovers en ander 4x4-voertuie rondgery en die eerste roete word gery op 25 Mei vanaf 10:00 – 17:00. Die tweede roete pak die deelnemers op 26 Mei vanaf 10:00 – 17:00 aan. Verder is daar 'n jukskeikompetisie, storievertel-kompetisie, bergfietsry en nog vele meer. Die 25ste word met 'n vleisbraai, dans en kuier afgesluit en die 26ste met 'n lambraai en dans. Vir akkommodasie word 'n tentedorp opgerig en die koste beloop, saam met die etes, N$1 100 per gesin. Vir meer inligting en besprekings, kontak Herman Coetzee, 081 122,7158, Bartie Burger, 081 379,2626, Maryka Truter, 081 262,4146, of Hein Knipe by 081 734 6137. Fesia Truter sal inligting oor verblyf kan verskaf, 081 498 5208 of [email protected].



AgriBraai-saamtrek op Gobabis skuif nader

Die NLU AgriBraai-kompetisie wat op 25 en 26 Mei deur die Kalahari-Oos Boerevereniging by die Gobabis-skougronde aangebied word, is 'n móét. Die tema is “Cattle Country Cowboy” en op 26 Mei om 12:00 word 'n wildveiling gehou. Vir verdere besonderhede, kontak 081 261 2838 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!