Dagboek vir 'n reis met borskanker
Toe sy uiteindelik die moed bymekaarskraap om vir ''n mammogram te gaan, was die uitslag ''n geweldige skok. Drie jaar nadat sy met borskanker gediagnoseer is en ''n mastektomie gehad het, is die 45-jarige Mariette Juntunen vandag kankervry.
Henriette Lamprecht - Die ergste was om wakker te word met een bors, die besef dat sy die groot K het en om te sien hoe dit haar familie en vriende om haar raak.
Vandag is sy gesond en gelukkig en koester sy opnuut haar noue kring mense om haar wat haar deur alles gedra het. Die 45-jarige Mariette Juntunen se boodskap is een van vroeë diagnose, dankbaarheid en oorwinning.
Mariette, wat in Pretoria bly, se kankerreis begin in Mei 2013 toe Walvisbaai nog haar tuiste was.
In November 2012 kom sy agter die kant van haar een bors is seer as iemand vir haar ''n drukkie gee. Vroeg in Mei die volgende jaar skraap sy genoeg moed bymekaar om vir ''n mammogram te gaan. Sy het Swakopmund toe gery en geduldig haar beurt afgewag.
“In my kop het baie dinge gedraai. Gaan dit regtig so seer wees soos baie vroue sê?”
Nooit het sy gedink daar gaan iets fout wees nie. Die mammogram het seepglad verloop en was glad nie seer nie, vertel sy.
“Die dame was baie behulpsaam en vriendelik, ek kon nie glo ek was so bang om te gaan nie.”
Mariette is gevra om ''n bietjie te wag, en die suster verdwyn by die deur uit.
Tien minute later keer sy terug en vra vir Mariette om na ''n ander kamer te gaan waar sy vir ''n dokter moet wag wat ''n sonar wou doen.
“Ek dink toe dit klink vir my normaal genoeg.”
Die eerste keer wat sy dink sy begin besef het iets is régtig nie pluis nie, is toe die dokter haar vra waar haar ondersteuningsgroep is – in Namibië of in Suid-Afrika?
Mariette het die volgende dag na Suid-Afrika vertrek waar sy die volgende week geopereer is.
Alles het baie vinnig gebeur, erken sy, en daar was nie veel tyd om té veel oor alles te dink nie. Die gewas is in die teater getoets en met die bevestiging van ''n positiewe uitslag, is haar bors verwyder.
“Jy word voor die tyd gevra of hulle jou moet wakker maak sodra die uitslag daar is en voor hul jou bors vat. Ek het gevoel: ''Regtig? Vat asseblief wat jy moet vat.''”
Die ergste vir haar was nadat sy wakker geword het met die wete dat sy nou net een bors het en ja, ook die groot K.
“Om te sien hoe dit my familie en vriende om my raak - ''n mens is sterk vir dié om jou.”
Alles wat kwaadaardig was, is verwyder. Ook is van Mariette se limfkliere verwyder en getoets, maar het die kanker gelukkig nie versprei nie.
Ná haar mastektomie is sy na die “mees ongelooflike onkoloog” verwys wat haar op ''n ses-siklus-chemoterapie gesit het.
“Omdat ek moes teruggaan Namibië toe, het my dokter goedkeuring gekry om die chemo in pilvorm vir my te kry. Ek was baie dankbaar daarvoor, want ek het ''n vrees vir ''n naald!”
''Nat'' chemo moes sy een keer ''n week drink.
“Ek kry nou nog rillings as ek daaraan dink!”
Sy erken party dae vergeet ''n mens “dat daar net een bors is”.
“Dan loop jy toevallig verby die spieël in die badkamer en dit tref jou soos ''n tennisbal teen die kop.”
elke dag soos dit kom
Maar, beklemtoon Mariette, sy kan getuig dit word beter met tyd.
Haar volgende uitdaging was die dag toe sy besef sy was besig om haar hare te verloor. Elke dag ná ''n stortsessie het sy telkens “met meer en meer hare” in haar hande gestaan.
Sy dink nie ''n mens kan jouself voorberei op enige van hierdie uitdagings nie, erken sy.
“Jy vat elke dag soos dit kom. Daar is baie goeie dae, maar ja, ook ''n paar wat nie so goed is nie. Elke persoon se liggaam reageer anders op die behandeling, bly net positief!”
Mariette is baie gelukkig om “die wonderlikste mense” om haar te hê.
Sy kon praat wanneer sy so voel of ook net stilbly, “almal was net daar”.
Dit het haar ook baie gehelp om elke dag ''n dagboek te hou oor “sommer alles”.
“Daar is baie dinge wat jy nie sommer met almal wil deel nie, maar dit help om dit in ink neer te lê.”
Haar raad aan enige persoon met ''n familielid of vriendin wat deur borskanker gaan, is om net “geduldig, vriendelik en liefdevol” te wees.
“Ek het groot dankbaarheid vir almal by my werk vir die verstaan, geduld en ondersteuning.”
Vandag is Mariette gesond en gelukkig. Sy het sedert die mastektomie nog nie ''n rekonstruksie gehad nie, maar “''n mens raak so vinnig gewoond aan die tekort aan die een kant”.
Sy dink nie sy is al reg vir nog ''n operasie nie, dalk eendag.
Haar borskankerreis het haar weer eens laat besef hoe belangrik familie en vriende is.
“Sonder hulle in my lewe sou ek dit nie noodwendig so maklik kon hanteer nie.
“Ek was een van die gelukkiges,” sê Mariette. Die kanker is net betyds opgespoor en vinnig genoeg verwyder.
“Jy kán dit oorwin, gaan asseblief sommer vandag nog vir jou mammogram!”
Meer vroue word huidig met bors- en servikale kanker in Namibië gediagnoseer as ooit tevore.
Volgens die Kankervereniging van Namibië (CAN) is tot op hede meer as 368 gevalle van borskanker en 246 nuwe gevalle van servikale kanker reeds vanjaar op die Namibiese Nasionale Kankerregister (NNCR) aangeteken.
In 2014 is 373 Namibiese vroue met borskanker gediagnoseer. In dieselfde jaar is nege mans ook met borskanker gediagnoseer, terwyl 241 gevalle van servikale kanker aangemeld is.
Volgens CAN word gemiddeld meer as 3 000 Namibiërs jaarliks met kanker gediagnoseer, met die mees algemene vorme van kanker wat vel-, bors- en servikale kanker insluit. Veral die voorkoms van servikale kanker is besig om toe te neem.
Hoe kan ek myself teen kanker beskerm?
*Ken die vroeë tekens en simptome van kanker
*Gaan vir siftingstoetse
*Vrees, onkunde en oorgerustheid verminder kanse op oorlewing
Dieetfaktore, min of geen oefening, oorgewig en vetsug is na beraming bydraende faktore tot 30% van kankers in die Westerse wêreld. Uit dié persentasie is 20% in ontwikkelende lande en sal dit na verwagting toeneem. ''n Energiebalans word beskryf as ''n balans tussen energie wat opgeneem word in die vorm van kos en vloeistowwe en energie wat gebruik word in die vorm van fisieke oefening. ''n Wanbalans tussen opname en gebruik lei tot gewigsverlies of –toename.
*Oorgewig kan in ''n latere stadium tot kanker lei
*Gereelde oefening help om kanker te voorkom
*Hou op met rook en voorkom sodoende duisende nuwe kankergevalle wat jaarliks aangemeld word
*Beperk alkoholverbruik
*Eet daagliks vyf porsies vrugte en groente
Moontlike tekens/simptome van kanker
*''n Knop of verdikking in die bors of elders
*Ongewone bloeding of afskeiding
*Verandering in normale blaas- en dermpatrone
*Heesheid of hoes
*Sooibrand of sukkel om te sluk
*Skielike gewigsverlies
Borskanker in Namibië:
Borskanker is die nommer een kanker onder vroue in Namibië. Die meeste vroue wat met borskanker gediagnoseer word, is ouer as 40 jaar, maar dit kom ook by jonger vroue voor.
Risikofaktore:
*Familiegeskiedenis – in sowat 10% van borskankers is die pasiënte ouer as 40 en is daar ''n voorkoms van die siekte in hul familie
*Vroeë menstruasie – voor die tienerjare
*Laat menopouse ná die ouderdom van 50
*Langtermyn-hormoonvervangingsterapie
*Vroue wat nooit kinders gehad het nie of wie se eerste kind na die ouderdom van 30 jaar gebore is
Leefstyl speel ''n belangrike rol in borskanker:
*Moenie ''n dieet volg wat hoog in dierevet is nie
*Beperk drankies tot twee per dag
*Moenie rook nie
*Waak teen oorgewig of vetsug
*Doen oefening!
Wat kan ek doen?
*Leer ken jou borste se vorm, grootte en ''gevoel''
*Doen ''n maandelikse selfondersoek op jou borste ''n week ná die laaste dag van jou menstruasie
*Gaan vir ''n kliniese borsondersoek een keer per jaar
*Vroue ouer as 40 jaar moet jaarliks vir ''n mammogram gaan
Tekens en simptome:
*Knop in die bors of oksel
*Swelling in die oksel
*''n Ongewone toename in die grootte van die bors
*Afskeiding by die tepel – bloederige, bruin verandering in die vel rondom die tepel
*Intrekking van tepel
*Vel rondom die bors maak fyn plooitjies, duikies
*Rooierige, skubberige vel rondom die tepel wat jeuk
*Onthou hoe jou borste volgens jou menstruasie verander
*Sommige knoppe kan sists wees – ''n knop gevul met vloeistof – en is gewoonlik nie kanker nie
Servikale kanker in Namibië:
Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder vroue in Namibië. Dit is ''n kanker wat egter vroeg opgespoor en gedeeltelik vermy kan word.
Servikale kanker ontwikkel in die serviks, die nek van die baarmoeder. Die hoofoorsaak van byna 80% van servikale kanker is die Menslike Papilloomvirus (HPV). Die virus word deur middel van seksuele omgang en intieme vel-tot-vel-kontak oorgedra. Infeksie toon weinig simptome.
Risikofaktore sluit in:
*Seksuele omgang vanaf ''n jong ouderdom
*As jy en jou maat verskeie siektes het
*As jy ''n seksueel oordraagbare siekte het
*Verskeie swangerskappe
*Rook
*Oorgewig/vetsug
*Swak immuniteitstelsel
Wat kan jy doen:
Gaan gereeld vir ''n papsmeer as jy seksueel aktief is. Servikale kanker kan vinnig, maklik en suksesvol behandel word as dit vroeg gediagnoseer word. Die papsmeertoets voorkom nie infeksie nie, maar die infeksie kan vroeg opgespoor word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie