Dagbreek dankbaar vir Alexander Forbes se ondersteuning

JUSTISIA SHIPENA
Die Dagbreek Skool in Windhoek het hul dank uitgespreek teenoor Alexander Forbes vir hul getroue ondersteuning van hul leerlinge met spesiale behoeftes, veral tydens die Covid-19 pandemie.

Die skool akkommodeer 130 leerlinge, van wie meeste vanuit behoeftige gesinne kom, en het onlangs ‘n donasie van N$40 000 vanaf Alexander Forbes ontvang om uitgawes wat die pandemie meegebring het te dek.

Alexander Forbes het ook die skool se terapiesentrum en diensareas toegerus met meubels ter waarde van N$220 000. Dit sluit onder meer tafels, spesiale deure, kaste en laaie vir die terapiesentrum, klaskamers en kantore.

“Alexander Forbes ondersteun die skool se projekte al vir ‘n geruime tyd en ook op ‘n gereelde basis. Hierdie donasie is slegs een van die vele voorbeelde van hulle getroue ondersteuning. Die maatskappy se ondersteuning maak dit vir ons moontlik om ons projekte uit te voer, en daarvoor is ons ongelooflik dankbaar,” het die skoolhoof, mnr. Paul du Plessis gesê.

Dagbreek maak voorsiening vir leerlinge met gestremdhede, wat onder meer serebrale gestremdheid, downsindroom, leerlinge op die outistiese spektrum en leerlinge met aspergers insluit.

Van die 130 leerlinge bly 28 in die koshuis.

“Ons skool is afhanklik van die regering en ontvang ‘n toelaag om van die uitgawes te dek. Ons moet egter steeds gereeld fondsinsamelings hou om seker te maak ons projekte is suksesvol. Ons projekte is almal oor die langtermyn volhoubaar,” het Du Plessis gesê.

Alle leerlinge van die skool is van terapie afhanklik, wat onder meer spraak- en fisioterapie, asook arbeidsterapie insluit. “Die regering het vir ons ‘n nuwe terapie sentrum gebou wat ons leerlinge baie gaan help met terapeutiese behandeling en gesondheidsdienste wat baie ouers nie kan bekostig nie. Ons glo ons leerlinge gaan besonders baie kan baat by hierdie dienste in die toekoms,” het Du Plessis gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!