Dagbreek ry die Dash
Vier jaar gelede is bergfietsry as ’n sport by die Dagbreek Skool in Windhoek onder leerlinge begin en vanjaar het vyf fietsryers die moordende Desert Dash suksesvol voltooi.
Met die ondersteuning van die skoolhoof, mnr. Paul du Plessis, en die afrigter, mnr. Willem Engelbrecht, is borge gekry met Real Pay wat die aankoop en diens van die fiets gehelp het. Danksy Real Pay kon die leerlinge ook reeds twee keer aan die gewilde Argus, oftewel die Kaapstadfietsren, deelneem.
Verlede jaar is besluit om vyf van die fietsryers vir die Nedbank Desert Dash in te skryf, maar die droom moes weens ’n gebrek aan geld laat vaar word.
Vanjaar was hul inskrywing egter suksesvol met Nedbank wat die inskrywings geborg het, terwyl Cycletec en Mannie’s Bike Mecca die diens van die fietse, asook aanvullings geborg het. Marathon Sugar het met die voorbereiding vir die Dash met deelname aan die Marathon Sugar Three Mountain Passes-fietsren gehelp, terwyl die Namibiese Onkologiesentrum N$20 000 vir verdere ontwikkeling van fietsry by die skool geborg het. ’n Paar anonieme bronne het onder meer voorskrifbrille vir die fietsryers geborg, Nike het gehelp met rame, Essilor het die lense geskenk en Asiq het die lense gratis gesny en gepas. Die seuns het ook met splinternuwe sakke en klere danksy Mediclinic gespog.
Die fietsryers Yvad Jansen, Taryll Gawachab, Peter-John Diergaardt, Tjitjai Novengi en Rodney Stewe het die Dash suksesvol in ’n tyd van 21:28 voltooi en elkeen is met ’n medalje beloon.
Dagbreek het sy dank uitgespreek teenoor alle borge wat aan die fietsryers die geleentheid gebied het om hul talente te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie