Dagga-firma se verlies byna 280 000% meer
Dagga-firma se verlies byna 280 000% meer

Dagga-firma se verlies byna 280 000% meer

Die firma se aandeelprys het kort ná die uitreiking van sy voorlopige syfers met bykans 11% tot R0,41 geval.
Petrus Malherbe



Die logistiek-en-tegnologiefirma, wat deesdae ook met dagga boer, Labat Africa, het ter elfder ure sy voorlopige resultate vir die jaar tot einde Augustus uitgereik.

Daarvolgens het sy bedryfsverlies met 'n massiewe 277 665% toegeneem.

Die piepklein wins van Labat, onder leiding van die voormalige rugbybaas Brian van Rooyen, van R23 000 in die vorige boekjaar is uitgewis en met 'n verlies van bykans R64 miljoen vervang.

Sy inkomste is egter 'n stewige 737% meer en beloop nou meer as R614 miljoen, vergelyke met R73,3 miljoen die vorige jaar.

Dit is nie bekend waarom die maatskappy se bedryfsverlies so skerp geval het nie; hy het wel ver­skeie verkrygings in die laaste jaar gedoen. Die Sens-verklaring bevat geen verduideliking vir die syfers nie, maar maak melding van 'n “volledige aankondiging” op Labat se webwerf.

Dit is egter nêrens te vinde nie.

Kernverdienste per aandeel is 256% minder terwyl verdienste per aandeel 608% laer is.

Labat was verlede jaar ook laat met die uitreiking van sy resultate. Die JSE het toe gedreig om sy verhandeling op te skort.

Die aandelebeurs het 'n soortgelyke waarskuwing aan Labat en twee ander firmas in Desember uitgereik.

Die ander twee maatskappye is albei onder die vlerk van dr. Iqbal Survé se Sekunjalo-groep.

African Equity Empowerment Investments (AEEI), voorheen bekend as Sekunjalo Investments, en Ayo Technology Solutions het steeds nie hul resultate uitgereik nie.

Die JSE het die maatskappye tot 31 Desember kans gegee om dit te doen.

Dié belegging het onder skerp kritiek deurgeloop omdat Ayo met sy notering in Desember 2017 op R45 verhandel het, maar die aandeelprys het sedertdien tot R3,60 gedaal.

Labat het in September 'n meerderheidsaandeel in 'n groot daggaplaas in Lesotho bekom.

Die maatskappy het rondom dieselfde tyd 'n filiaal vir daggaproduksie, Labat Cannabis, gestig en nog verkrygings gedoen, waaronder 'n onderneming wat daggasaad en genetiese materiaal vir medisinale doeleindes vervaardig.

Labat se aandeelprys het kort ná die uitreiking van sy voorlopige syfers met bykans 11% tot R0,41 geval.

Labat se resultate was reeds 'n maand laat.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!