Dakar dalk ook deur Namibië
Organiseerders van die tydren het reeds met Afrika-nasies begin onderhandel om dit in 2020 op dié kontinent aan te bied
Nadat terroristebedrywighede in 2008 die Dakar, wat die wêreld se grootste en moordenste tydren op alle vlakke is, gepootjie het, is die ikoniese kompetisie vir 2009 na Suid-Amerika verskuif.
Die 30ste weergawe in 2008 sou in Lissabon, Portugal, weggespring het en in Dakar, Senegal, eindig. Maar dreigemente van aanvalle deur terroriste op deelnemers, het die organiseerder gedwing om die byeenkoms een dag voor die geskeduleerde wegspring te kanselleer. Namibië se eie Ingo Waldschmidt was een van die jaers wat vergeefs vir dié gedoemde byeenkoms gaan aantree het.
Die nuus is amptelik deur Etienne Lavigne, direkteur van die Dakartydren, bevestig dat die organisasie sy voelers uitgesteek het om weer die Dakar na Afrika te bring.
Nadat Chili op die nippertjie die aanbod van die hand gewys het om volgende jaar ’n gedeelte van die Dakar aan te bied, sal die 2019-tydren net in Peru gejaag word. Beide Argentinië en Bolivië het die kans laat verbygaan om opnuut by die Dakar ingesluit te wees.
“Met volgende jaar se byeenkoms in gedagte waar ons tot net een land beperk is, moet ons aan ander lande begin dink. Ons kan nie aanmekaar verliese ly weens besluite wat buite ons beheer is nie. Ons kan nie die tydren net in een land aanbied nie, want dit is die grootste en belangrikste tydren in die wêreld. Ons sal vooruit vir die toekoms moet beplan,” het Lavigne aan www.motorsport.com gesê
“Ons het reeds etlike maande gelede begin om kontakte in lande soos Algerië, Angola en Namibië op te bou. Verskeie besoeke aan Algerië is afgelê om met die politieke leiers samesprekings te voer. Die tekens is positief dat mense bereid is om so ’n massiewe kompetisie aan te bied.
“Al die spanne en bestuurders wag elke jaar in spanning om te hoor waar die Dakar gaan plaasvind en of dit interessant en aanloklik vir hulle gaan wees. Dit is die rede hoekom ons vooruit moet dink om ander lande te gebruik.”
Die laaste keer wat die Dakar deur Suidelike Afrika (Angola en Namibië) gekronkel het, was in 1992 met die Parys na Kaapstad-byeenkoms toe die jaers ten laast die stof van Afrika by Milnerton langs die branders van die Atlantiese Osean afgeskud het. Die 1993-weergawe was die laaste byeenkoms wat deur Algerië gestrek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie