Dakota wil deure vir ander open
Die WHS-skoolverlater word deur 'n mentor touwys gemaak.
Andrew Poolman - Dakota Hansen is ooglopend 'n baie talentvolle hokkiespeler, wat nou ná sy skoolloopbaan sy vernuf in een van die sport se vrugbaarste teelaardes ter wêreld gaan ontwikkel.
'n Hoog gerekende afrigter van Nederland, Sven van der Most, het die 19-jarige Windhoeker onder sy vlerk geneem om hom in dié Europese land se kompeterende hokkiestelsel touwys te maak.
Hansen het reeds op 16 jaar sy debuut vir Namibië se manspan gemaak in die kwalifiserende veldtog vir die binnenshuise Wêreldbeker.
Sedertdien was hy gereeld in die nasionale ouderdoms- en senior groepe vir binnenshuise én veldhokkie.
Hy was ook speler en kaptein van beide die nasionale premierliga-kampioenklub Saints én die indrukwekkende skolespan van Coastal Hire Windhoek Hoërskool.
Op individuele vlak het hy vele toekennings soos seunshokkiespeler van die jaar by WHS (2019), asook speler van die reeks in die Goue afdeling van die Kaapstad internasionale o.18-hokkiefees ingepalm.
Dakota se ma Mary vertel: “Ons het Sven aan die einde van 2018 ontmoet toe hy Namibië vir sowat 'n maand besoek het. Hy was deur die FIH (die sport se wêreldbeheerliggam) gestuur om met die opleiding van afrigters te kom help.
“Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het Sven dus versoek om ons senior nasionale manspan voor hul toer na 'n FIH-toernooi in Zimbabwe by te staan, omdat die span in daardie stadium sonder 'n afrigter was.
“Sven was baie tegemoetkomend en het ons bygestaan om vir Dakota hierdie geleentheid vas te knoop met die uitnodiging deur die hokkieklub Were Di Tilburg vir Dakota om binnenshuise hokkie by hulle te speel. Die klub ding in die liga net onder die Hoofdklasse mee.
“Sven en sy familie het selfs hul huis vir ons opgemaak vir Dakota om vir die eerste drie maande by hulle tuis te gaan. As alles goed verloop, sal hy graag aansoek doen om langer te bly.”
Dakota, wat op die dag van sy aankoms in Nederland reeds dieselfde aand in 'n oefenwedstryd vir Were Di Tilburg gespeel het, sê sy strewe is om deur sy spel die deur vir meer hokkiespelers van Namibië oop te maak.
“Daar is wêreldwyd 'n platform vir talentvolle spelers uit Namibië, waaraan ons die afgelope jare nog maar net begin raak het. Ek wil ook graag my eie vaardigheid en talent hier uitleef en verbeter. Ek is dankbaar dat die NHU my vrystelling gegee het om my horisonne te verbreed.”
Mary voeg by: “Iets merkwaardig van Dakota se loopbaan is dat hy in April 2018 'n groot knieoperasie moes ondergaan nadat hy in 'n binnenshuise premierligawedstryd beseer is. Hy het twee maande van skool misgeloop en sy hokkie was vir die res van die jaar verby.
“Ondanks terugslae uit verskeie oorde het hy hierdie moeilike periode oorleef en met God se hulp anderkant uitgekom, om nou op en van die hokkiebaan beloon te word.”
Dakota se jonger broer Fagan, ook lid van WHS se eerste seunspan, maak as hokkiespeler ewe goeie opgang as sy ouboet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie