Dalai Lama op pad na Botswana
‘n Beplande besoek deur die Dalai Lama aan Botswana kan humeure in Beijing laat opvlam.
Tibet se geestelike leier, die Dalai Lama, sal Botswana volgende maand besoek en pres. Ian Khama ontmoet. Dit is deur amptenare van Botswana bevestig.
So ‘n besoek sal waarskynlik China se argwaan op die hals haal. China is ‘n belangrike belegger in Afrika en die vasteland se grootste handelsvennoot.
Beijing beskou die Dalai Lama as ‘n gevaarlike separatis wat ‘n veldtog voer vir Tibet se onafhanklikheid. Beijing veroordeel voortdurend buitelandse leiers wat die Dalai Lama ontmoet.
"Botswana sal die gewone welwillendheid vir besoekende hoogwaardigheidsbekleërs betoon," het die regering van Botswana Woensdag in ‘n verklaring gesê.
“Sy eksellensie (Khama) sal die Dalai Lama ontmoet wanneer hy in Botswana is.”
Die Tibettaanse leier, wat in ballingskap in Indië woon, sal ‘n toespraak lewer tydens die driedaagse “Gees en Lewe”-konferensie wat in Augustus in Gaborone aangebied word.
Suid-Afrika het herhaaldelik geweier om ‘n visum aan die Dalai Lama uit te reik in ‘n poging om betrekkinge met China verder te versterk, iets wat skerp deur die Nobelpryswenner, aartsbiskop Desmond Tutu, en andere veroordeel is.
China se groeiende aanvraag na roumateriaal het tot ‘n skerp styging in handel met Afrika gelei.
Die Chinese regering het gehelp om ‘n steenkoolaangedrewe elektrisiteitsaanleg, paaie, brûe en skole in Botswana te bou.
Baie beskou Beijing as ‘n teenwig teen die Weste, maar die betrekkinge het ook beskuldigings van neokolonialisme uitgelok. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie