Dale moet koes nadat hy IPL aanvat
Dale moet koes nadat hy IPL aanvat

Dale moet koes nadat hy IPL aanvat

Krieket
Dale Steyn het hom die gramskap van miljoene Twitter-gebruikers van Indië op die lyf geloop nadat hy in ’n onderhoud gesê het dit is meer lonend om in ander T20-ligas as die Indiese Premierliga (IPL) te speel.

Steyn, wat verlede jaar vir die Royal Challengers Bangalore in die IPL diens gedoen het, het vroeër besluit om homself nie beskikbaar te stel om in vanjaar se IPL te speel nie. Hy speel wel tans vir die Quetta Gladiators in die Pakistanse Superliga (PSL).

Die Protea-naatbouler het in ’n onderhoud met Cricket Pakistan verduidelik waarom hy nie vanjaar in die IPL wou speel nie.

“Ek wou ’n bietjie aftyd hê. Ek het agtergekom dat dit as speler effens meer lonend is om hierdie ander reekse te speel,” het Steyn aan die webtuiste gesê.

“Wanneer jy na die IPL gaan, is daar sulke groot groepe en soveel groot name en so ’n groot fokus op die geld wat spelers verdien en alles anders, dat daar soms ’n bietjie van die krieket vergeet word.”

Hy sê wanneer ’n mens na die PSL of die Sri Lankaanse Premierliga toe gaan, is die krieket belangrik.

“Ek is nog net ’n paar dae hier en die mense wat by my kamer in- en uitbeweeg, wil weet waar ek gespeel het en hoe dit gegaan het,” sê hy.

“By die IPL raak dit vergete en die hooffokus is hoeveel geld jy in dié IPL verdien. Ek is heeltemal eerlik. Ek wou daarvan wegbly en meer fokus op die spel plaas.”

Dít het nie goed afgegaan by talle Indiese ondersteuners nie. Soveel so dat Steyn genoop gevoel het om homself Woensdagoggend aan sy 3,3 miljoen volgelinge op Twitter te verduidelik.

“IPL was nog niks anders as ongelooflik in my loopbaan nie, sowel as vir ander spelers. My woorde was nooit bedoel om neerhalend, beledigend of vergelykend met ander ligas te wees nie. Sosiale media en woorde buite konteks kan soms dít doen. Ek vra om verskoning as dit enigiemand ontstel het. Baie liefde.”

Steyn was vroeër vandeesweek ook in die nuus oor uitsprake wat hy gemaak het.

Hy het op Twitter te velde getrek teen Simon Doull, gewese Kiwi-naatbouler en TV-kommentator, nadat hy in ’n regstreekse uitsending in die PSL gesê het Steyn se lang hare dui op ’n middeljarekrisis.

Steyn het gesê hy het geen tyd vir mense (soos Doull) wat ander mense oor onder meer hul leefstylkeuses aanvat nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!