Dalende inflasie is goeie nuus
Beteken dit meer geld in my sak?
Dr. Kobus Laubscher - Vir die man op straat beteken die amptelike inflasiesyfers nie veel nie, want sou hy dit vergelyk met die prysverhogings wat hy aan sy bas voel, is dit in baie opsigte veel hoër.
Tog is die amptelike inflasiekoers ’n belangrike aanduiding en rigtingwyser van wat in die ekonomie aan die gang is.
Japan is in die nuus weens die voortreflike aanbieding van die Rugbywêreldbeker en Tokio is, naas Singapoer, die duurste land. Tog is hul inflasiekoers van die laagste.
In September vanjaar was die algemene inflasiekoers 0,2%, teenoor die 0,3% in die maand vóór September. Die inflasiekoers wys jaar-op-jaar veranderinge.
Hierdie syfer is betekenisvol laer as die Japannese regering se inflasiedoelwit, met die gevolg dat verskeie beleide vir die stimuli daarvan deurlopend oorweeg word. Interessant is die feit dat indien voedselinflasie uitgelaat word, Japan se inflasie so effe hoër op 0,5% gestaan het.
Die jongste inflasiesyfers is die laagste in ses maande, wat onder meer beteken die ekonomie groei nie.
PLAASLIK
Dit verskil van plaaslike omstandighede waar inflasievlakke daal, maar binne die grense bly van wat die sentrale bank as reg vir die ekonomie beskou. Terselfdertyd stagneer ekonomiese groei en verkeer die ekonomie selfs in ‘n resessie.
In Japan ontbreek ekonomiese aktiwiteite soos ’n verhoogde aanvraag, terwyl verbruikers finansieel in staat is om te spandeer. Dié land het, soos baie ander in Europa, die sogenaamde zero rente-ekonomie, wat tegnies beteken sou mens geld wil belê, moet die belegger die bank betaal.
Plaaslik is die situasie presies die teenoorgestelde en is daar al meer druk op die sentrale bank om rentekoerse te laat daal in ’n poging om ekonomiese groei te stimuleer.
Plaaslike verbruikers gebruik die huidige lae rentekoerse, wat in elk geval in terme van wêreldstandaarde hoog is, om hul skuld te konsolideer.
Die gevolg is lae tot geen groei in verbruiksbesteding. Daarmee saam belemmer stygende werkloosheid ook enige kollektiewe wil om meer te koop.
Namibië se inflasie het in Julie vanjaar (volgens die jongste gepubliseerde syfers) die dalende tendens van die voorafgaande maande voortgesit en was 3,6% vir alle verbruikersitems.
Voedselinflasie het op 3,4% gestaan met nie-alkoholiese drank ingesluit (maar effe hoër op 3,7% daarsonder).
Dalende inflasie se omvang word verder beklemtoon wanneer inflasiesyfers vanaf Desember 2017 tot Julie 2018 vergelyk word met dié van Desember 2018 tot Julie 2019. Die onderskeie inflasiesyfers was 3,4% teenoor 1,9%. Sou dié daling voortduur, kan Namibië se inflasiesyfer vir 2019 heelwat laer as in voorafgaande jare wees.
In die mandjie van items wat gemeet word, is voedsel die tweede belangrikste, naas vervoer.
Indien die verskillende items se aandeel in die jongste inflasiesyfer ontleed word, het vervoer (bykans 25%) en behuising en verwante koste-items (17,2%) ‘n groter bydrae gelewer as voedsel se 16,5%.
Dienste se inflasiesyfer het gedaal (dit was 4,4% in Julie vanjaar) versus die kollektiewe syfer vir inflasie op goedere, wat op 3,1% gestaan het.
SUID-AFRIKA
In Suid-Afrika het inflasie dieselfde neiging getoon, naamlik voortgesette daling in hooflyninflasie sowel as voedselinflasie. Op 4,1% was dit die laagste vlak vir September sedert 2015.
Voedselinflasie (wat nie-alkoholiese drank uitsluit) was 3,7%, maar was ook die grootste bydraer tot algemene inflasie. Binne die kosmandjie het inflasie veral op brood en grane skerp toegeneem tot meer as 8%. Die impak van weerstoestande op graanproduksie sal binne die volgende paar maande goed dopgehou moet word.
Die goeie nuus is dat graanprodusente aangedui het hulle wil vanjaar meer plant. Die mate waarin die weer gaan saamspeel, sal bepalend wees.
Hierdie inflasiesyfers is goeie nuus vir enige ekonomie en sal neerslag in loononderhandelings en administratiewe pryse vind, wat kan beteken verbruikers kan in 2020 dalk effe meer diskresie hê as dit by besteding kom.
Die prys van goedere behoort nie skerp te styg nie en veral laer kospryse, of pryse wat nie so sterk styg nie, kan die vraag daarna stimuleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie