Dalk laaste u2018Paasu2019-sege vir Reho?
Dalk laaste u2018Paasu2019-sege vir Reho?

Dalk laaste ‘Paas’-sege vir Reho?

Organiseerders kan die toernooi voortaan na ’n nuwe datum verskuif.
Die gasheerklub se eerste span het Saterdag die jaarlikse Paasnaweek-toernooi van Rehoboth Rugbyklub ingepalm. Rehoboth het in die finaal drie drieë teen een gedruk om die St. Lou-kombinasie met 19-7 te klop.

Die spanne wat aan die toernooi van verkorte wedstryde deelgeneem het, was Rehoboth Rugbyklub I en II, St. Lou, Unam (meestal spelers van die tweede en derde span) en Southern Bulls, ’n nuwe span van Mariental wat in die NRU eerste liga speel.

Rehoboth I, onder kapteinskap van Delano Coetzee, het die Safland trofee, goue medaljes en N$6 000 gewen nadat hulle St. Lou in die finaal met 19-7 geklop het.

As naaswenners het St. Lou met ’n trofee, N$4 000 en silwermedaljes weggestap.

Rehoboth se tweede span het vir die derde plek die bronsmedaljes en N$2 000 ontvang. Unam het vierde geëindig en N$1 000 ontvang ná die uitspeelwedstryd wat die tuisklub met 22-14 gewen het.

Drie spelers van Rehoboth, Unam en die Southern Bulls is as skeidsregters gebruik en hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt. Daar was geen voorvalle en die dag was goed georganiseer.

Die organiseerders bedank die gemeenskap vir die goeie opkoms, asook die spanne wat deelgeneem het en die hoofborg Safland, Namibia Lubricants Fuchs, Namibia Bearing Supplies, Puma Vulstasie in Rehoboth en Bazil Diergaardt. Ook aan die bestuurslede wat die dag se vleis en wors geskenk het

Die klub beoog om vanaf volgende jaar sy tradisionele Paasnaweek-toernooi na die eerste naweek in Maart te verskuif, om meer spanne te kan betrek.

Die toernooi was vir Rehoboth Rugbyklub ’n goeie losmaker vir komende naweek se NRU premier- en reserweligawedstryde teen die kampioenspan FNB Unam in Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!