Dalk te vinnig om te praat
Dalk te vinnig om te praat

Dalk te vinnig om te praat

Mandy Rittmann
NIE-SATANGSE SKRYWER SKRYF: Gernot Schaaf se felle verontwaardiging in die Republikein van 17 November is onbegryplik. Dis duidelik dat hy die “satangse skrywer” totaal misverstaan het.
Dit blyk dat hy gelees het wat nie geskryf is nie, en dit wat geskryf is nie gelees het nie. Anders as wat die Skrif sê, was hy stadig om te hoor en té vinnig om te praat.

Ons lewe nie in die paradys nie. Ons lewe in 'n wêreld waar woorde soos dissipline, selfbeheersing en verantwoordelikheid uit die woordeskat, woordeboek en samelewing verwyder is. Jaarliks moet honderde swanger meisies die skool verlaat. Is dit soos mnr. Schaaf se “opgevoede, denkende, verantwoordelike individue” lyk?

Is hierdie ongewenste babas die produk van volwassenheid, verstandigheid, opregte en rein liefde? Of is dit die gevolg van onbeheersde drange en drifte? Ons is ongelukkig midde in “bandeloosheid, onsedelikheid en (soms) 'n gevaarlike onmenslike dierlikheid”. Dis die wêreld van ons jeug, nie die “maaksel” van die satangse skrywer nie.

En dít is waarvan die skrywer praat. Hy/sy spog nie met sy karakterloosheid en florerende besigheid nie. Die jeug word belieg en bedrieg deur valse “liefde” en kinderregte. Hulle dwaalweg word makliker gemaak deur aksies soos bababokse. Hulle word aangemoedig om te doen wat hulle behaag en nie wat reg en verantwoordelik is nie. Hulle jeug word gesteel, hul menswees geslag en hul toekoms verwoes.

Nee! Neem die bokse vir babas weg en plaas bokse vol boeke. Leer die jeug “love is (inderdaad) tough” en “you MUST be cruel to be kind”. Verkeerd is verkéérd! Só skep jy 'n “opgevoede, denkende, verantwoordelike” samelewing. Nie deur die breë weg nog breër te maak nie.

Die “satangse skrywe” was bedoel om tot nugterheid te skok, want die “Christendom” swymel onder die narkose van selfgesentreerde “liefde”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!