Damaraland Camp genomineer vir gesogte toekenning
Finaliste en wenners sal op 20 April by die Wêreldreismark (WTM) Afrika in Kaapstad bekend gemaak word.
Wilderness Safaris se Damaraland Camp is op die semifinale lys vir 2017 se Afrika Verantwoordelike Toerisme-toekenning in die kategorie beste akkommodasie met maatskaplike insluiting.
Die kamp is 'n uitstekende voorbeeld van 'n suksesvolle gesamentlike onderneming deur 'n Namibiese gemeenskap en 'n volhoubare ekotoerisme operateur, Wilderness Safaris. Dié vennootskap het gelei tot verhoogde werkverskaffing en groeiende wildsyfers in die suksesvolle Torra- kommunale bewaringsgebied.
“Ons is opgewonde dat ons tot die volgende ronde van die Afrika Verantwoordelike Toerisme-toekennings deurgedring het en ons is veral trots op die erkenning van Damaraland Camp, wat die eerste gesamentlike venootskap van sy soort in Namibië was,” het me. Lena Florry, areabestuurder van Wilderness Safaris Damaraland, gesê.
Die ooreenkoms, wat 20 jaar gelede onderteken is, het vir die Torra-bewaringsgebied 'n gelyke aandeel in die kamp gegee, asook kapitaal om deel te wees van die besigheid en om nog 'n kamp te bou. Die meerderheid van die personeel kom uit die gemeenskap self en baie van die oorspronklike lede het oor die jare na meer verantwoordelike posisies elders in Wilderness Safaris en die toerismebedryf geskuif.
Danksy dié vennootskap en die implementering van 'n lewensvatbare ekotoerismemodel is sowat 350 000 hektaar grond onder die beskerming van die bewaringsgebied en wildbevolkings en werkverskaffing het vermeerder.
'n Kopskuif is oor groot spesies soos olifante, renosters en leeus gemaak. Indien hulle beskerm en bewaar word, kan hulle bykomende inkomste deur ekotoerisme inbring.
“Die sukses van die vennootskap het daartoe gelei dat die Torra-bewaringsgebied die eerste selfonderhoudende gemeenskapsbewaringsgebied in Namibië geword het - 'n model wat sedertdien in die land en elders in Afrika nageboots is,” het Florry gesê.
“Damaraland Camp en die Torra-bewaringsgebied bewys dat wanneer ekotoerisme en plaaslike gemeenskappe kragte snoer, die resultaat tasbare voordele vir die gemeenskap kan inhou en wildgetalle groei.”
Die Afrika Verantwoordelike Toerisme-toekennings is deel van die Wêreld Verantwoordelike Toerisme-program. Die finaliste en wenners sal tydens 'n seremonie op 20 April by die Wêreldreismark (WTM) Afrika in Kaapstad bekend gemaak word. Wenners sal outomaties by die internasionale toekenning ingesluit wees, wat by die WTM in Londen in November sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie