Damaskus vier weer Kersfees
Kersversierings word vir die eerste keer in jare opgerig in ’n buurt in Damaskus – ’n buurt wat gedurende die oorlog in Sirië ’n gevegsfront was totdat regeringsmagte vroeër vanjaar die laaste rebelle-enklawes in die hoofstad uitgewis het. “Voorbereidings vir Kersfees hierdie jaar is meer as uitstekend. Daar is nie meer mortiere nie,” het Hanna al-Saad gesê, ’n winkeleienaar in die al Qasaa-distrik wat dikwels vanuit die naburige Jobar-omgewing gebombardeer is.
Die Abbasijeen-plein waar mortiere dikwels geval het en dele van die stad daar naby word met liggies en Kersbome versier, terwyl musikante en ’n plaaslike verkennersgroepie voorberei vir ’n Kersfeesmars, iets wat jare lank nie gesien is nie. “Laasjaar kon ons dit nie waag om veel in die strate te loop nie. Ons het nie elektrisiteit gehad nie en daar was geen ligte of versierings nie,” het Abir Ismail gesê, ’n inwoner van al Qasaa, naby Jobar, wat deur ’n gewapende faksie beheer is. Sy het gesê sy is opgewonde om dié jaar versierde strate en huise te sien. Foto Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie