Damme steeds meer as halfpad vol
Nasionale damme hou tans meer as dubbel dieselfde hoeveelheid water as dieselfde tyd verlede jaar, terwyl ‘n belowende reënseisoen voorspel word.
Elvira Hattingh
Terwyl Namibië aan die begin staan van wat ‘n belowende reënseisoen behoort te wees, is nasionale damme nog 52,1% vol.
Dis heelwat beter as verlede jaar dieselfde tyd, toe dit net sowat 22,4% water oorgehad het.
Die drie damme wat die hoofstad asook sentrale Namibië van water voorsien, het gemiddeld nog 62,4% water oor, met die Swakoppoortdam wat die volste is op 78,8% (50,001 miljoen kubieke meter/Mm³) water oor.
Die Von Bachdam het 48,6% water oor (23,088 Mm³) en die Omatakodam 53,7% (23,356 Mm³).
Die Suide se Hardapdam hou tans 49,8% (146,817 Mm³) water, met die Nautedam wat 85,3% (71,307 Mm³) water oor het. Die Oanobdam het 78,9% (27,220 Mm³) water oor, terwyl die Dreihukdam en die Bondelsdam onderskeidelik 20,4% (3,157 Mm³) en 3,6% (0,040 Mm³) water oor het.
NamWater dui nie aan wat die Neckartaldam se vlak tans is nie.
Die Ooste se damme het gemiddeld 28% water oor, met die Tilda Viljoen- en die Daan Viljoendamme wat onderskeidelik 50,4% (0,617 Mm³) en 53,4% (0,229 Mm³) water oor het. Die Omatako-hoofdam het 42,8% (4,200 Mm³) water oor, met laasgenoemde se slikdam wat tans sowat 4,5% (0,352 Mm³) vol is.
Die Goreangandam is steeds 100% (3,621 Mm³) vol, terwyl die Friedenaudam nog 79,8% (5,367 Mm³) vol is en die Olushandjadam 11,1% (5,052 Mm³).
REËNVOORUITSIGTE
Vooruitsigte vir reën en dus voller damme, lyk steeds belowend.
Die Australiese Buro vir Meteorologie het in hul jongste uitkykstatus van 7 Desember gesê La Niña is nou stewig in die tropiese Stille Oseaan gevestig. Dit is goeie nuus vir Suider-Afrika, want ‘n La Niña word met natter as gewoonlik toestande vereenselwig.
Die buro sê klimaatmodelle voorspel dat die La Niña tot láátsomer en selfs vroeg herfs sal hou.
Die meeste El Niño–Suidelike Ossillasie (Enso)-aanwysers handhaaf nou duidelike La Niña-patrone. Die seeoppervlaktemperatuur het tot La Niña-drempels gedaal, met die meeste klimaatmodelle wat aandui dit sal verder afkoel.
“Die atmosfeer, wolke en windpatrone is alles tipies van ‘n La Niña, wat aandui die atmosfeer reageer op die veranderinge in die Stille Oseaan se temperatuur – iets wat as “koppeling” bekend staan.
Die negatiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool (IOD) bereik nou sy einde, met IOD-waardes nou binne neutrale gebied.
“Daar is egter tekens dat die invloed van die IOD, wat lank negatiewe waardes gehandhaaf het, nog talm.
Dit kan gesien word in die feit dat daar meer wolkbedekking in die oostelike Indiese Oseaan is en westewinde sterker waai. Klimaatmodelle voorspel egter die IOD sal negatief tydens die komende maande bly, in ooreenstemming met sy seisoenale siklus. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie