D&M Rail maak spore vir ’n eeu
Vernuwing aan die orde van die dag
Catherine Sasman - D&M Rail Construction het weer bevestig dat sy kontrak met TransNamib vir die rehabilitasie en opgradering van die Kranzberg-Tsumeb-spoorlyn nie onbepaald voortgaan nie en tot ’n einde sal kom sodra die projek voltooi is.
Die duur van die kontrak word egter bepaal deur die beskikbaarheid van geld en weens besnoeiings in staatsbesteding, bestaan onsekerheid oor waar die geld vandaan sal kom.
Mnr. Dawie Moller, besturende direkteur van D&M Rail, het gesê die maatskappy sal eers teen Maart volgende jaar ’n aanduiding van die beskikbare begroting kry, aangesien nie baie geld beskikbaar was in die 2016-2017-boekjaar nie.
Die kontrak kan insgelyks nietig verklaar word as substandaard werk voorsien word.
Die maatskappy het dié stellings gemaak tydens ’n terreinbesoek op 16 September, waar die media ’n eerstehandse blik op die arbeidsintensiewe, uitmergelende werk aan die spoorlyn gekry het.
Werk aan die spoorlyn begin met dagbreek wanneer hoofsaaklik jong Namibiërs – mans en vroue – saam met meer ervare werkers in spanne werk om die tonne beton en staal deur die dag in versengende hitte en stowwerige toestande op en af te laai.
verkeer stuit werk nie
D&M Rail, die enigste spoorwegkonstruksie- en instandhoudingsmaatskappy wat ten volle in Namibiese besit is, is aanvanklik op 17 Desember 2012 deur die ministerie van werke en vervoer aangesê om oor ’n tydperk van vier maande noodherstelwerk te doen ná ’n rits ontsporings weens gebreke aan die spore.
Die maatskappy het gesê die situasie het daarna gestabiliseer, met geen ander spoorverwante ontsporings wat ná dié ingrypings plaasgevind het nie. Weens beperkte geld moes werk in daardie jaar (2012) heeltemal gestaak word.
Daarna is die maatskappy gekontrakteer om die 392 km Kranzberg-Tsumeb-spoorlyn te rehabiliteer tot die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se 18,5 ton asdruk-standaard.
D&M Rail het in 2014 ’n ooreenkoms met TransNamib aangegaan met die stigting van die Namibia Rail Construction.
Tot op hede is 13,2 km se spoor op die Kranzberg-Tsumeb-spoorlyn ten volle gerehabiliteer; 114,1 km gedeeltelik opgradeer; en 183,4 km tydelik gerehabiliteer.
Spoorverkeer gaan voort terwyl aan die spoorlyn gewerk word. Spore waaraan nie gewerk word nie, word te alle ure operasioneel veilig gehou.
Vir hierdie projek gebruik Namibia Rail Construction baanbreker- metodes tesame met die dienste van klein en medium ondernemings as subkontrakteurs. ’n Eerste vir die bedryf is spore wat verwerk en omskep is in honderde kilometer se aaneenlopende gesweisde spoor (CWR), wat deur Morris Ndjaba se SME Moka Engineering, uitgevoer is. Dié onderneming is verantwoordelik vir oppervlak- en eksotermiese sweiswerk daaraan.
In nog ’n eerste, is 30 kg stawe in P2 betondwarslêers aangebring.
Die veiligheid van die spoorlyn is drasties verbeter soos blyk uit minder spoedbeperkings, wat die geleentheid skep vir die herinstelling van toeristetreine.
Die vervoer van suur per spoor van Dundee Precious Metals se smelter in Tsumeb tot op Walvisbaai het in 2015 begin, met een trein bestaande uit een lokomotief en 27 waens wat elke week loop.
“Binnekort sal vyf treine per week suur na Walvisbaai vervoer,” het die besturende direkteur van TransNamib, mnr. Hippy Tjivikua, gesê.
“Daar is ’n landwye poging om vrag weer per spoor te vervoer om groot vragmotors van ons nasionale paaie af te kry,” het mnr. Leon Steyn, D&M Rail se terreinbestuurder in Otjiwarongo, gesê.
D&M Rail is verantwoordelik vir siviele konstruksiewerk tydens die derde fase van die uitbreidingsprojek aan die noordelike spoorlyn. Dit verbind Ondangwa en Oshakati en sal na verwagting teen einde volgende jaar voltooi wees.
Sesduisend ton spoorstawe sal gebruik word vir die konstruksie van dié uitbreidingsprojek, wat ’n honderd jaar behoort te hou. Die spoorlyn sal Namibië uiteindelik met Angola verbind en dit sal na verwagting ekonomiese groei vir die landbou- en vervaardigingsektor in die noordelike streke stimuleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie