Daniele Ferrari in Katolieke tradisie gegroet
Jeanette Diergaardt – Mense van verskillende ras- en taalgroepe het Vrydagmiddag by 'n roudiens in die St. Mary's-katedraal in Windhoek se middestad saam met die familie van die 52-jarige mnr. Daniele Ferrari afskeid geneem.
Ferrari is op 14 Julie by Avisdam vermoor toe hy oudergewoonte met sy honde gaan stap het.
Familie, vriende en kollegas het die kerk vol gesit, met inagneming van die Covid-19-regulasies oor sosiale afstand. Ferrari, 'n Italianer en gebore Namibiër, was welbekend en geliefd en die begrafnisgangers het hiervan getuig.
Die begrafnisverrigtinge is in die Katolieke tradisie afgehandel. 'n Familievriendin, me. Francesca Annese Mouton, het 'n kort huldeblyk in Italiaans voorgelees.
Dit blyk Ferrari was 'n groot aanhanger van Formule 1-motorwedrenne. Sy familie en vriende onthou hom ook as iemand wat baie gesteld was op 'n gesonde leefwyse en wat graag gesondheidswenke gedeel het.
Die boodskap aan die bedroefdes was om nie te vrees nie en om aan hul geloof vas te hou.
Ferrari se moordenaars is nog op vrye voet.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie