Daniele Ferrari môre gegroet
Ronelle Rademeyer - Die Windhoekse sakeman mnr. Daniele Ferrari (52) wat in die bou- en konstruksiebedryf ’n geliefde en gerespekteerde figuur was, word môre om 15:00 vanuit die St. Mary’s-katedraal naby die middestad begrawe.
Die reëlings is gister deur sy suster, me. Gloria Ferrari, aan Republikein bekend gemaak.
Ferrari is vroeg verlede Dinsdagaand wreed met ’n panga vermoor toe hy oudergewoonte met sy honde by Avisdam gaan stap het.
Hy was die eienaar van Windhoek Electrics, wat deur die Ferrari-familie gevestig is. Hy het die besigheid ’n tyd gelede verkoop.
Intussen het komm. Joseph Shikongo, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, gister by navraag gesê Ferrari se ID en rybewys is in die omgewing van Namibia Dairies se ou perseel in Avis opgetel.
Dit blyk die twee mans wat hom na bewering met ’n mes en panga aangeval en beroof het, het van daar oor Farm Windhoek weswaarts in die rigting van Staatshuis gevlug.
Die streek se polisiebaas sê in hierdie stadium soek die ondersoekspan nog na sy moordenaars.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie