Dankie, Dirk
Dankie, Dirk

Dankie, Dirk

Mandy Rittmann
RIAAN EKSTEEN SKRYF:

'n Groot en geharde boom in wie se skadu so baie van ons kon rus, asemskep en leer, is nie meer daar nie.

Namibië is in vele opsigte baie dank aan Dirk Mudge verskuldig. Dit was 'n amper onbegaanbare pad wat hy aangedurf het. Onder uittartende omstandighede het hy sy positiewe bydrae gelewer. Wanneer vriend en teenstander vandag eerlik met onsself wil wees, moet ons almal erken: het ons maar vroeër na Dirk geluister!

Te min erkenning het na Dirk se kant gekom oor wat hy oor dekades help vorm en giet het. Hy het die morele ruggraat gehad toe daar ontsettende druk op hom was.

Dirk het sy medeburgers van alle groepe onlosmaaklik deel van sy eie verwysingsraamwerk gemaak. Uit hierdie raamwerk het hy sonder ophou geskep, herskep en help skep aan wat vandag Namibië is.

Die voor, tydens en na die onafhank­likheidsproses en selfs ook met die vormingsjare van die nuwe staat, is met die naam Dirk Mudge soos 'n goue draad deurvleg.

Persoonlik was Dirk vir 45 jaar nie net 'n vriend en gespreksgenoot nie, hy was 'n sielsgenoot met wie diepliggende en saakmakende kwessies van die dag bespreek kon word.

Wanneer ek vandag aan hom en sy onbaatsugtige meelewendheid dink, kan ek nie anders nie as om die Ierse digter, W.B. Yates, aan te haal om my waardering in een sin te verwoord: “Think where man's glory most begins and ends, and say my glory was I had such friends”.

Die eer wat hy my aangedoen het om die woord tydens die bekendstelling van sy boek in Pretoria in September 2016 te voer, sal my altyd bybly.

Ek mis jou Dirk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!