Dankie, Leonard
Pedro Vorster skryf:
Leonard Cohen is gisteraand, op 10 November 2016, in die ouderdom van 82 jaar oorlede.
Nou sal baie vra: “Wat daarvan? Wie was hy?”, terwyl ander, medereisigers onbekend aan hom, skielik meer alleen en armer sou gevoel het.
Soos almal wat hom in sy musiek geleer ken het.
Wat daarvan? Inderdaad. In die diep seun van popkultuur het die musiek opgehou speel. Sy impak was wyd en groot. Sy woorde het getroos, gevoed en geamuseer. Om sy liedjies nie te geken het nie, los jou, wêreldreisiger, leër.
Miskien moes ek hom my vertaling van "Famous Blue Raincoat" aangestuur het. In vergelyking met sy selfverkleinerende verwysings in sy lirieke, sou dit flagrante arrogansie gewees het?
Nee, dit sou komplimenterend, vlyend en ''n eerbetoon gewees het aan een van die groot vormende geeste op die globale platform van popmusiek.
Dit is wie hy was en met respek gesê:
“So long Leonard Cohen, its time that we began to laugh and cry and laugh and cry about it all again”.
Die lirieke bo is aangepas uit "So long Marianne". Jy hoor nou die musiek lewendig in jou kop speel. Dít is sy nalatenskap wat innerlik en uiterlik sal bly lewe.
Op ons lippe ''n glimlag. In ons harte ''n woestyn.
Tot ons weer van jou hoor: Dankie, Leonard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie