Dankie, Namibiu00eb
Dankie, Namibiu00eb

Dankie, Namibië

Dani Booysen
Sonder die ondersteuning van bedrywe en gemeenskappe oor die lengte en breedte van die land, sou die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo en Motorskou nie ontwikkel het tot die reusesukses wat hierdie geleentheid is nie.
Vanaf Woensdag tot Saterdag het bykans 30 000 mense die ekspo besoek.
’n Dankie aan elke borg, vennoot, deelnemer en besoeker is gepas en noodsaaklik.
As hoofborge het Old Mutual Namibia en Nedbank Namibia benadruk hoe sentraal gemeen-skapsbetrokkenheid en -ontwikkeling is. Dié wekroep moet vir elke ondernemer, organisasie en individu in die land geld.
Die uitreik na, opbou van, en vereniging van Namibië se ryk en diverse gemeenskappe mag nooit net lippetaal wees nie.
Woorde met groot trefkrag het van Old Mutual se mnr. Quinten Potgieter gekom toe hy gesê het baie meer moet gedoen om gewone Namibiërs wat werklike verskille in hul gemeenskappe maak, as helde te erken. Dit sluit mense in wat siekes versorg, kinders by sopkombuise voed en elke inisiatief wat tot ’n beter Namibië bydra.
Aanvanklik was Republikein se naam ten nouste aan die ekspo gekoppel, maar met die verruiming van Namibia Media Holdings se mediaportefeulje is geleenthede vir selfs groter deelname en interaksie geskep. Ons is trots daarop en dankbaar daarvoor. Hierdie verruiming toon uitstekende resultate en sal die ekspo tot nog groter hoogtes voer.
By Republikein is ons soos almal in die NMH-stal reeds opgewonde oor die volgende twee jaar se 19de en 20ste aflewerings van die ekspo.
Dankie, Namibië.

So sê ander
22 Mei 2016

Tragedy in the air: The world awaits answers

Events such as the tragic EgyptAir Flight MS804 crash Thursday are hard to understand fully while information is still emerging.
Americans can only feel sympathy for the family and friends of the 66 Egyptian, French and other citizens who died in the plunge into the sea.
Gruesome though it might be, it is still absolutely necessary to find out as precisely as possible what actually happened.
There are already clues as to what occurred and critical questions to be asked. One problem is that the public is not necessarily getting the whole story.
Two results of the tragedy are already manifest. The first is that Egypt’s tourist industry will be further battered by the crash. The crash will also reflect badly not only on Egypt’s air capacity but also on the safety of air travel in general. There is more to learn.
• PITTSBURGH POST-GAZETTE

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!