Dankie - ondanks die moeilike tye
EERW. EDWARD AMADHILA VAN DIE TOV-SENTRUM OP TSUMEB SKRYF:
Ons is so bly dat een van ons ou vriende van Tov aanhou om in Namibiese kinders te belê, selfs in die moeilike tyd.
Ons weet almal dit is nie 'n maklike tyd om te belê nie, omdat niemand regtig weet wat die toekoms inhou nie.
Die skenker verkies om anoniem te bly, want sy voel dis 'n saak tussen haar en God. Hierdie jaar het sy N$8 000 geskenk om skryfbehoeftes vir kinders te koop. Verlede jaar het sy N$14 000 bygedra - nie maatskappygeld nie; haar eie, persoonlike geld.
Ses van ons kinders berei voor om volgende jaar universiteit toe te gaan. Ons doen alles moontlik om hulle te help om te word wat God se plan ook al vir hulle is. Uit die ses is vyf dogters en van die drie meisies is drie uit die San-gemeenskap en hulle kry toppunte.
Die een wil 'n geoktrooieerde rekenmeester word, nog een 'n prokureur en die ander 'n mediese dokter.
Mag God hierdie belegging duisende kere aan ons terugbesorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie