Dankie vir die fees

Mandy Rittmann
ANNETRUD RÖBKE SKRYF:

Huis Sonder Sorge het in September sy 30ste bestaansjaar met 'n basaar gevier.

Vroegoggend het die kafee oop­gemaak met koffie, tee, smullekker brötchen en koek. Die hele dag is daar ook pannekoek, poeding, koeldrank, bier en braaivleis aangebied. Daar was selfs 'n springkasteel vir die kinders.

Daar is plante verkoop, asook allerlei interessante dinge wat ywerig deur die inwoners versamel is. Die eenmanorkes het musiek gemaak. Die gees was baie ontspanne en almal het dit geniet.

Ons het ook die voorreg gehad om stigterslede te verwelkom en vier werknemers vir dertig jaar se diens te vereer.

Die Okahandja Bejaardesorgvereniging wil graag 'n groot dankie sê aan alle skenkers en helpers wat hierdie fees 'n groot sukses gemaak het. Ons weet ons kan op u staatmaak.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer