Dankie vir die helpende hande
Dankie vir die helpende hande

Dankie vir die helpende hande

Augetto Graig
’n Berig vroeër vanjaar oor die benarde situasie van ’n gesin wat by Sukses woon, het wonderlike reaksie uitgelok.

In Junie het ons susterskoerant Windhoek Express geskryf oor Rodney Swartbooi, ons kollega by die Allgemeine Zeitung, wat tussen Otjiwarongo en Okahandja op die brandarm Auxas-gesin afgekom het.

“Toe ek hulle sien, moes ek my trane sluk. Tog was die ouers en hul kinders almal heel content met die bietjie wat hulle het.

“Maar daardie aand, toe dit slaaptyd word, word ek diep hartseer en daar spoel ’n erge droewigheid oor my gees. Hulle haal elkeen hul verflenterde, dun, vaal kombersies uit en maak kooi. ’n Kooi vir die hele gesin saam. Daar op die kaal vloer, met hul dun kombersies en die kinders sonder ’n stukkie warm klere, skyn die vreugde steeds op hulle gesigte.

“Dit is toe dat ek besluit het om waar ek kan, vir hulle hulp te kry,” het hy gesê.

Rodney is oorstelp deur die reaksie nadat die berig verskyn het. “My innige dank aan die mense van Quality Tyres, veral me. Rosina Kuhn en haar span; kollegas Corinna, Agnes en Thabile wat elkeen bydraes gemaak het; en Hope for Children.”

Die ingesamelde items is deur die Noorderlig-span, Augetto Graig en Lou-Marie Jordaan, afgelewer.

Mnr. Hans en me. Monica Auxas was veral dankbaar oor die groot matras wat geskenk is. Die twee jongste kindertjies was uit hul vel oor die toegedraaide geskenke wat vir hulle gestuur is.

Weens hul omstandighede moes die twee oudste kinders na ‘n vergeleë skool gestuur word. Volgens die ouers is dit “net te swaar”.

“Terwyl druppeltjies ons reeds dankbaar maak, bly die behoefte groot. Dus sal enige item hierdie gesin help – klere, skoene, speelgoed, komberse . . . basies enigiets,” sê Rodney.

Diegene wat ook wil help, kan hom by [email protected] kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!