Dankie vir ryke stof tot nadenke
Dankie vir ryke stof tot nadenke

Dankie vir ryke stof tot nadenke

Mandy Rittmann
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Die rubriek oor die duikbootrolprent in "Invalshoek" was so inspirerend en omvattend in hierdie tyd waarin mens graag meer positiwiteit en produktiwiteit aan die dag wil lê.

Ek wil glo dat die rolprent waarna verwys word in die skrywe een van die twee klassieke rolprente oor duikbote is met bekroonde akteurs wat die verbeelding tot sy punte van waarwording aanraak. Die intepretasie en die gevolgtrekking, asook die les(se) wat die rolprent aan die skrywer bied, en wat die skrywer met die lesers deel, is die tipe van inspirasie tot opoffering, deursettingsvermoë en samewerking wat ons in hierdie tye van politieke, ekonomiese en gesondheidskrisisse nodig het.

Die vlymskerp en tot die been snyende beskrywing hoedat die rolle wat ons vertolk en die verwagtinge wat van ons gekoester word, vergestalting kry in ons onbaatsugtige, geloofwaardige en energieke gees van professionalisme, werkverrigting en die afhandeling van take is belangrik.

Die subtema van die vertolking grens aan die tema van Ubuntu, waar die een persoon bestaan as gevolg van die ander, en sou die een ondergaan, sal beide ondergaan.

Hierdie aflewering van "Invalshoek" moet elke leser tot een of ander vorm van selfevaluering bring. Ons moet krities kan kyk na die bydrae wat ons as persoon, as gemeenskap, as besighede, as politieke en kerkleiers lewer tot die optimale dienslewering tot ons medemens en ons land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!