Danksy China lyk goud se toekoms blink
Roelof Botha
Hoewel die goudprys sedert die begin van die jaar die algemene opwaartse neiging van bykans alle metale en minerale volg, styg sy prys ook danksy redes wat eie is aan die unieke kenmerke van die goudmark.
Die pryse van platinum, goud en ystererts het sedert 1 Januarie met onderskeidelik 14%, 17% en 44% toegeneem.
Redes vir die algemene herstel in die pryse van metale en minerale hou verband met die afplatting van voorraadvlakke wat nou al langer as vyf jaar duur.
Noudat die Chinese ekonomie tekens van stabilisering en selfs effens hoër groei begin toon, het die vraag na verskeie metale weer opgeflikker.
Heelwat myne wêreldwyd moes die afgelope twee jaar noodgedwonge produksie verminder of tydelik staak ná verliese weens dalende pryse, veral in lande wat nie ’n buffer danksy swakker wisselkoerse ontvang het nie.
Mynbouproduksie deur verskeie internasionaal-genoteerde maatskappye het in die eerste kwartaal van 2016 gedaal, blykbaar as deel van ’n doelbewuste poging om pryse te stabiliseer en selfs te laat styg.
Dié beleid begin vrugte dra aangesien die nouer verband tussen die vraag na en aanbod van heelwat mynbouprodukte sedert die begin van die jaar tot indrukwekkende prysstygings gelei het.
Amptelike reserwebate
Die grootste onderskeidende kenmerk tussen goud en ander metale is die belangrike aandeel van die edelmetaal in die samestelling van die amptelike reserwebates wat deur die wêreld se sentrale banke gehou word.
Tot en met 2010 was sentrale banke as ’n groep sowat 20 jaar lank netto verkopers van goud, wat matige afwaartse druk op die goudprys geplaas het.
Dié invloed is egter teengewerk deur sterk toenames in die verbruikersvraag na goud (juweliersware en beleggings), veral in Indië en China, terwyl sentrale banke sedertdien ook weer ’n aptyt vir goud ontwikkel het.
Dié twee lande speel ’n oorheersende rol in die verbruikersmark vir goud en was in 2015 gesamentlik vir meer as 55% van die totale verbruikersvraag na goud verantwoordelik.
China is ’n kortkop voor met 1 037 ton goud wat verlede jaar deur verbruikers aangekoop is, met Indië in die tweede plek met 849 ton.
Sedert die einde van die wêreldresessie (tussen 2009 en 2011 vir die meeste lande) het die groei in verbruikersvraag na goud effens afgeplat, ook in China en Indië, terwyl die beleggersvraag na goud ook deur die sterk Amerikaanse dollar en die papperige Europese ekonomie geknou is.
Goudbeurs
China het op 19 April aangekondig dat goud nou in dié land se geldeenheid op die Shanghai-goudbeurs verhandel kan word.
Die eerste vasstellingsprys was 256,92 yuan per gram (US$39,70), wat op US$1 235 per fynons te staan kom – min of meer dieselfde as die sluitingsprys van goud in Londen ’n week gelede.
Kontrakte sal in eenhede van 1 kg goud aangegaan word en 18 van die land se grootste finansiële instellings onderskryf dié nuwe goudbeurs.
Die ooglopende rede vir dié stap is die behoefte van die Chinese regering om ’n teenwig te vind vir die oorheersende internasionale monetêre rol van die Amerikaanse dollar.
China het nog nooit ’n geheim gemaak van die land se langtermynoogmerk om uiteindelik vir Amerika op elke denkbare terrein te troef nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie