Dann-Jaques: Só maak mens ’n Skollie
Van die verhoog tot die silwerdoek tot die televisie is ’n gebore Namibiër besig om groot lof in te oes vir die karakters wat hy met passie, deernis en oortuiging sy eie maak.
Henriette Lamprecht – Daar was Abraham met wie hy ’n “spiritual connection” gehad het, ’n rol wat gevoel het spesiaal vir hom geskryf is. Toe kom Noem my Skollie oor sy pad en die 30-jarige Dann-Jaques Mouton, gebore Windhoeker, is op almal se lippe met sy vertolking van ’n bendelid in die sestigerjare wat in die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad beland.
Maar voor dié buigings was daar reeds ’n pad van verskeie teaterrolle wat hom geslyp en gevorm het.
Dann-Jaques Mouton het in 1999 ná onafhanklikwording saam met sy ma en ’n suster na Suid-Afrika verhuis.
“Ons is vier kinders, maar my ouers is geskei voor ek gebore is. Die twee oudste kinders het by my pa op Walvisbaai agtergebly.”
Na graad 1 keer hulle terug na Namibië waar hy graad 2 en 3 voltooi.
Die teater het hóm gekies, vertel Dann-Jaques en dit was drama en dans wat die gogga behoorlik laat byt het.
“Ek kom van ’n familie van storievertellers.”
Die drama- en teaterdraadjie loop soos ’n ragfyn lint deur van die Dance Project tot die New Africa Theater Academy waar Dann-Jaques sy dramatande behoorlik op die verhoog slyp. In 2006 val hy as dramastudent by die Universiteit van Kaapstad se dramaskool in waar hy in 2009 sy diploma behaal. Voor hy sy buiging op die silwerdoek in Jans Rautenbach se Abraham gemaak het, het Dann-Jaques ook as inwonende akteur aan verskeie teaterprojekte deelgeneem.
In April vanjaar het hy by die Afrikaanse sepie 7de Laan as Justin Booysen ingeval, met sy sesmaande kontrak wat verleng is. Dit is iets totaal anders as sy teater- en rolprentwerk erken hy.
“Die hoofdoel is om heeltyd jou ‘craft’ met verskillende rolle te ontwikkel. Maar dis ’n worsmasjien, jy werk heeltyd met verskillende ‘directors’.” Dan is daar natuurlik sy Kaapse en Windhoekse aksent waarop hy mooi moet let wanneer hy Justin is.
“Die aksent moet in konteks wees en hang af van die karakter. Jy maak ’n keuse en vorm ’n mening oor hoe die karakter moet praat.”
Dis lang tye op die stel en om 06:00 val hy in tot 19:00, met tot agt tonele wat daagliks verfilm word as hy in die storielyn is. Saans en naweke is dit tyd om sy ‘scripts’ te lees en te ken.
“Ek wil woordvas wees, in die oomblik van ’n toneel, ‘awake’ en ‘alive.’”
Soos dikwels in die gesprek dwaal sy gedagtes en woorde na die wysheid en invloed van die befaamde rolprentmaker Jans Rautenbach saam met wie hy ’n pad met sy eerste rolprent Abraham gestap het.
“Hy het nie verwag dat ’n akteur soos ’n soldaat sy woorde soos ’n masjiengeweer lewernie.”
Hy wil ook nie ‘over prepared’ wees nie, sê Dann-Jaques.
“Dit gaan oor luister en reageer. Iemand sê iets en jou brein en hart hardloop om dit te gaan haal. Jy moet oop wees vir die oomblik.”
Vir sy oudisie as Abraham Soetlander, ’n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroeë 1980’s, is Dann-Jaques na Jans Rautenbach se Oulap toe. Abraham is ’n toegewyde eggenoot en pa wat sukkel om vir sy jong vrou Katie en hul vierjarige dogtertjie te sorg. Abraham se kreatiewe deursettingsvermoë lei hom na sy weldoeners, Jong Jans (Hannes Muller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel). Abraham en Katie trek na ’n nuwe huis waar Abraham vir Jong Jans begin werk. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk. Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak. Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug.
Die oudisie het oor drie dae gestrek, vertel Dann-Jaques en op dag twee het oom Jans laat weet die rol is syne.
“Uit 30 het hy vir my gekies.”
Die rolprent is oor drie maande op Oulap en Vlakteplaas geskiet in natuurlike lig en in daardie “magic hours” soggens en skemer wanneer die lig sagter val.
Die rolprent beeld ’n jong Rautenbach en sy ontmoeting met die “jong man wat my lewe ingedans het en weer uitgedans het” uit.
Rautenbach skryf oor Abraham “hoe skryf mens van ’n seninglyf wat baldadig op die spoorlyn huppel? Of ’n droom wat ’n vlam in ’n siel laat brand, wat niemand kan blus nie? Van twee hande wat deur die nag geroeste draad buig en droë sement tot klei bry om ’n hoenderhaan te maak . . . wat vandag nog in die berg kraai?
“Hoe getuig jy van ’n gesin in ’n eergisterhuisie onder die hemelsterre, wat roosterkoek eet en bitterkoffie drink asof hulle in ’n paleis woon? Van ’n jong vrou se ewige soepele dans met ’n ridder op ’n helderbont luiperd, wat haar lewe met ongekende liefdesgaring deurvleg? Van ’n dogtertjie aan die nagmaaltafel wat haar vader se verfbevlekte Christusvingers troetel? Of haar eenbeen-, eenoog flenterpop krampagtig klou as sy hom smekend agterna roep wanneer hy die vertes inloop?
“Hoe kan jy ’n kunstenaar se sukses meet? Deur sy oë die stofpad voor hom sien? Met sy neus karoobossie ruik na die eerste reën? Met sy stem die vreugde van skepping uitjubel wanneer sy leeubeeld op die koffietafel in meneer se sitkamer pronk? Sy hart hoor klop na hy deur die nag wag om sy olifant met die slimslurp te offer: “. . . ek het dit net vir jou gemaak, net vir jou.”?
“Hoe erken jy ’n talent wat die wolke invlieg? Die emosies van ’n jong vrou wie se dag, nag word? Wat haar liefde deur die vuur van hel sal laat loop?
Die bewondering en respek vir “oom Jans” lê Dann-Jaques se stem vol wanneer hy vertel van alles wat hy by dié ghoeroe van die Afrikaanse rolprentbedryf geleer het.
“Ek het baie van tegniek by hom geleer. Dat die kamera jou ‘audience’ is en dat jy moet ‘adapt according to the situation.’”
Oom Jans skiet ook nie sommer ’n toneel meer as drie keer nie, iets moet nie ge-“force”wees nie, verduidelik Dann-Jaques. “You must be open to the process”.
“Hy kyk net wanneer jy reg is en dan werk dit, niks is geforseerd nie. Teen die derde week het hy my nie meer ‘direct’ nie. “Hy het my Daniël genoem en my ge-“trust’”.
Oor sy karakter sê Dann-Jaques “hy besef wie hy is, daar was ’n ‘spiritual connection’”.
Abraham was ’n goeie leerskool voor hy sy volgende buiging op die silwerdoek in Noem My Skollie maak wat in die 1960’s op die Kaapse Vlakte afspeel. Dit is geskoei op die lewensverhaal van John W. Fredericks (70) wat ook die draaiboek geskryf het. Dann-Jaques vertolk die rol van AB wat as kind tot elke prys bendebedrywighede wil vermy. Ná ’n baie traumatiese ervaring besluit hy en sy drie vriende egter om hul eie bende te stig om hulself te beskerm. AB en sy vriend Gimba (Gantane Kusch) word in hegtenis geneem toe hulle ’n winkel probeer beroof en kry twee jaar tronkstraf. In Pollsmoor word die jong mans aan die rowwe wêreld van die tronk blootgestel en elkeen moet doen wat nodig is om te oorleef. Gimba sluit by die tronkbendes aan, maar AB besluit om vir die geharde misdadigers stories te vertel – en hulle los hom uit.
“Met Skollie . . . het ek meer ‘confidence’ gehad, ek het geweet hoe om te ‘act.’”
’n Vriend het gebel en gevra of hy nie vir ’n oudisie vir die rol wil kom nie.
Tydens die oudisie het die vriend ge-“shift’, vertel Dann-Jaques en toe “sekere persoonlike goed” gevra.
“Hy het geweet hoe om my te laat huil!” Maar na afloop van die oudisie het hy “goed, maar baie ‘exhausted’” gevoel, sê hy.
“Jy ‘audition blindly’, ek het eers die ‘script’ gekry ná ek die rol gekry het.”
Die rolprent is oor ’n tydperk van vyf weke verfilm en dit was vir hom belangrik om na elke dag uit AB se klere, gewoontes en lewe in sy eie te kon terugklim.
“Jy moet kan ‘unwind’, met ’n ‘song’, ’n boek, ’n ‘joint’. You must find something to get back to yourself. You can’t break away fully, you must have a neutral body, numb but also ready to go.”
Dis ’n konstante proses, sê Dann-Jaques, en hy moes op sy eie wees tydens die verfilming.
“Ek was in ’n donker plek en het baie Hemelbesem geluister, maar ek moes elke keer terugkom na myself toe, gewone goed doen soos kosmaak en skottelgoed was.”
Maar die donkerte en swaar is ook nodig, erken Dann-Jaques, “dit maak jou karakter sterk”.
Hy is dankbaar vir sy mede-akteurs wat hom tydens die verfilmingsproses ondersteun het.
“Hulle het my gehelp, anders kon ek nie die rol vertolk nie. Daar was ’n ‘dynamic’ tussen ons gewees, ons het almal ons stories vertel om uit te vind wie ís AB.”
Die draaiboekskrywer op wie se lewe die rolprent gebaseer is en wat hy Boeta John noem, was sy “soundboard” vertel Dann-Jaques.
“As ek onseker was oor wat hy gevoel het in daai ‘moment’, kon ek hom daaroor vra.”
Die antwoord is ‘nee’ op ’n vraag of hy wat Dann-Jaques oorweldig of selfs bang was om die rol van iemand te vertolk wat steeds lewe en elke dag op die stel was.
“Die druk was nie so erg nie.”
Hy het gevoel hy is op die regte pad toe Boeta John se seun vir hom sê hy herken sy pa in hom.
“Daar was respek oor hoe hierdie ouens daardie tyd moes lyk op die strate, hulle was ‘styled gangsters’ en ek moes dit ‘physically respresent.’”
Boeta John het hom vertrou, sê Dann-Jaques, want die storie is immers “groter as ons”.
Dis nie ’n “gangster movie” nie, beklemtoon hy.
“It’s not about the gang, but the skill to survive in jail. Dit gaan oor vriende, verhoudings, familie en tweede kanse. Dit is ’n testament dat jy kan ‘survive if you are determined’, you cán do it,’ van die ‘sacrifices’ wat jy moet maak om dit te kan bereik.’”
Hy verwys na die groot rol wat Jenny in AB se lewe speel en wat hom laat besef dat hy nie meer by ‘gangs’ betrokke wil wees nie.
Noem my Skollie se première was in die Pollsmoor-gevangenis, Dann-Jaques was die dag nie. Hy vertel van een van die bewaarders wat dit bygewoon het, was ook een van dié wat in die sestigerjare van die karakters in die rolprent opgehang het.
“Dit was vir hom geweldig emosioneel gewees.”
Hy is baie spesifiek oor die rolle wat hy kies om te vertolk.
“Die werk moet my aanraak, ‘physically, emotionally and spiritually’. Ek wil deel wees van die stories wat nou relevant is.”
Maar hy kan ook nie altyd net self die room afskep nie.
“The young must also showcase their talents. Jy moet trots wees op jou stories.”
Droom hy dalk van ’n rol as die romantiese ‘popcorn’ held wat met die heldin op ’n perd oor die horison verdwyn, ’n uithaalplakkaat van homself in ’n gewilde gesinstydskrif?
Die Mouton-humor slaan deur as hy erken hy sou graag ’n “dirty detective who has sex with prostitutes but still gets the job done” wou speel.
“But it depends, the role must be meant for you.”
Soos Abraham waar hy gevoel het die rol is spesiaal vir hom geskryf en iemand het ’n jaar vóór hy dit sou vertolk, aan Rautenbach gesê het sy ken iemand vir wie dit soos ’n handskoen sal pas.
Sy pa se storievertellery, sy ma se humor. Abraham, AB, Justin. Ons eie Dann-Jaques.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie