Danny en Ace in wedloop om presidentskap

Sokker
Twee benoemings vir die presidentskap van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) is teen 23 Februarie ontvang, met die nuwe president wat op 23 Maart aangewys word.

Ander ampsbekleërs sal ook tydens die verkiesingskongres gekies word. Die huidige president, Danny Jordaan, word deur Andile “Ace” Ncobo teengestaan.

Heelwat “groot name” in sokker soos Lucas Radebe, Chief Mwelo Nonkonyana, die voormalige politikus Tokyo Sexwale en selfs ’n voormalige Bafana Bafana-afrigter, Shakes Mashaba, is voorheen as moontlike kandidate genoem om Jordaan teen te staan.

Maar daar is Maandag aangekondig dat slegs Jordaan en Ncobo, deesdae ’n analis op SuperSport, sake om die presidentskap sal uitspook. Volgens die ouditeursfirma KPMG is ’n totaal van 53 benoemings ontvang. Slegs een daarvan was vir Ncobo.

Die benoemingslys is aan alle Safa-lede gestuur en die verkiesingsproses sal deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie gehanteer word. Die OVK sal die kandidate ondersoek, soos vereis deur Safa se verkiesingskode, om te bepaal of daar voldoen word aan artikel 25 van die Safa-statute. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!