Dans en drama op virtuele verhoog
Die nuutste produksie van die H2E Dance Company spreek van hoop en veerkragtigheid.
Yandi du Plessis
Die H2E Dance Company het verskeie struikelblokke oorkom om die dans- en dramaproduksie The Attic op die planke – en op die web – te kry.
Die produksie sou aanvanklik op 26 en 27 Februarie in die Nasionale Teater (NTN) aangebied word, maar moes weens Covid-19-regulasies uitgestel word en die opvoering is reeds in die NTN opgeneem. Die opname se aanlyn première sal na verwagting op 7 April plaasvind.
WAAROOR GAAN DIT?
Die produksie vertel die verhaal van 'n jong meisie genaamd Yara. Yara hou daarvan om 'n dagboek te hou oor alles wat in haar lewe gebeur. Toe sy 18 word, kry sy die kans om na haar ouer suster se kamer – die kamer waarin almal wil bly – te trek. Dit is bo in die solder van die gesinshuis.
'n Swerwer (The Wanderer) en 'n voëlverskrikker (The Scarecrow) vertel haar verhaal van die groot skuif na die solder – 'n gebeurtenis wat haar lewe vir altyd sal verander.
Hulle reis saam met haar soos sy in haar alledaagse lewe voor beproewings, uitdagings en worstelinge te staan kom.
Hoe sal sy dié struikelblokke oorkom? Is daar hoop in die skadu van al hierdie gevegte? Wie is die persoon aan wie sy skryf? Sal hy haar kan red? Deel in Yara se reis terwyl sy antwoorde probeer vind.
ONDERSTEUNING
Die H2E Dance Company het gevra vir almal se ondersteuning aan die betrokke kunstenaars – van akteurs, dansers, kamera- en tegniese spanne tot grimeerkunstenaars, kostuumontwerpers en haarstiliste. Dit is 'n volle uur en 'n half van toneelspel, dans (ballet, hip-hop, kontemporêr, jazz en moderne dansstyle) en nog vele meer.
Altesaam 116 dansers van Windhoek-skole het kragte vir dié produksie saamgesnoer. Leerlinge van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), Pionierspark, Windhoek Gimnasium, St. George's, St. Paul's, Windhoek Hoërskool (WHS), kleuterskole en die Internasionale Skool is op die verhoog in volle grimering en kostuums.
“The Attic is toepaslik in die moeilike tyd waarin ons nou leef met onsekerheid, bekommernisse en twyfel. Die dansproduksie gaan daaroor dat ons 'n keuse het. Ons kan óf opgee en moedeloos raak, óf ons kan oorgee aan die Een wat ons in Sy hande hou, veral nou in 2021,” sê me. Esté Swarts, die eienaar van H2E en hoofdansinstrukteur.
“As ek terugkyk na 2020 besef ek dat daar baie kere was wat ek net wou opgee om die dansproduksie te laat gebeur, omdat alles so onseker was, en ek dink meeste van ons het so gevoel en voel dalk nog so.
“My hoop is dat hierdie dansproduksie vir baie van ons sal hoop gee om nie op te gee nie, maar om in 2021 oor te gee aan die Here wat ons dra deur moeilike en onsekere tye.
“In Desember 2020 het ek besef ons lewens gaan dalk nie so vinnig terugkeer na normaal soos wat ek gedink het nie en ek moes 'n ander plan maak om die dansproduksie vir die dansers se families en vriende beskikbaar te stel.”
Ná baie navorsing het die gedagte die lig gesien om die vertoning op te neem en dan digitaal beskikbaar te stel. H2E se dansers en akteurs het vir twee dae in die NTN in Windhoek elke dansproduksie en dramastuk opgeneem.
Die verwerking van die opname is tans in die produksieproses.
“'n Nuwe manier om voor 'n gehoor op te tree het vir ons oopgegaan en dit stel ons in staat dat baie meer mense toegang het om die vertoning te kan kyk, oraloor die wêreld,” vertel Swarts.
Sy het 'n webtuiste genader wat baie kunstenaars in Suid-Afrika gebruik om hul vertonings aanlyn beskikbaar te stel om The Attic op te neem. Die produksie gaan dan vir 'n week of twee aanlyn beskikbaar wees en kan enige tyd van die dag of nag gekyk word.
Stuur 'n e-pos aan [email protected] of SMS na 081 641 9731 om kaartjies te koop. As jy 'n aanlyn kaartjie koop, sal 'n skakel na jou e-posadres gestuur word. As jy op die skakel klik, begin die opvoering.
Kaartjies is ook by H2E Dance Studio (op die hoek van Voigts- en Planckstraat) beskikbaar of skakel Swarts by 081 641 9731.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie