Dans is 'n taal op sy eie
'n Passie vir sy gemeenskap
Die 36-jarige West Uarije, beter bekend as die African Black Cat, spog met 25 jaar van tradisionele en kulturele danservaring en 16 jaar van kontemporêre en fisieke teaterdanservaring.
Hy het sy dansdiploma aan die College of the Arts (Cota) in Windhoek voltooi. Baie optredes het hom na ander lande geneem, onder meer na Europa. Hy spesialiseer in kontemporêre tradisionele dans.
Hy is trots op sy Himba-herkoms en sê dié kultuur beïnvloed beslis sy dansstyl.
“Dit het 'n invloed op alles wat ek doen. Ek vind inspirasie by die Himba-kultuur en die omgewing waarin ek woon. Ek vind egter ook 'n mate van inspirasie in elke Namibiese kultuur. Ek voel ek het 'n band met almal.”
Aanvanklik was dans net iets wat hy vir pret gedoen het, totdat hy gevra is om by skoolbyeenkomste en ander skoolfunksies op te tree. In 2000 kon Uarije 'n bietjie geld verdien deur te dans, wat hy toe gebruik het om vir sy studies te betaal.
In 2004 druip hy graad 10 en sluit by die musiekgroep Bullet as danser en choreograaf aan.
Uiteindelik het hy in 2007 sy naam begin vestig en in 2010 by die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) aangesluit.
OYO is 'n Namibiese trust wat maatskaplike bewustheid skep deur kuns as medium te gebruik. Hy het tot 2013 vir OYO gedans. Tussendeur het hy saam met verskillende dansakademies opgetree en was hy selfs deel van die span wat by die president se inhuldiging gedans het.
Uarije se ervaring strek nóg verder. Van 2014 tot 2015 het hy vir die First Rain Dance Theatre, 'n trots Namibiese dansonderneming, gedans. Van 2014 tot 2018 het hy by die jaarlikse Namibiese musiektoekennings (NAMA's) gedans en gehelp met tradisionele choreografie en van 2016 tot tans is hy deel van die Da-mâi Dance Ensemble, wat beoog om narratiewe uit te beeld deur middel van kenmerkende kontemporêre Namibiese danstegnieke.
DANSSKOOL EN GEMEENSKAPSDIENS
Uarije is agter die stuur van die West Dance Academy, wat in die informele nedersetting Havana in Katutura geleë is, en fokus op die bewaring en viering van die unieke dansstyle wat slegs in Katutura gevind word.
Hy beklemtoon die noodsaaklikheid vir jong dansstudente om hul waarde as kunstenaars te bepaal om te verhoed dat hulle vir hul talente uitgebuit word.
Van die begin af het Uarije nie na borge of skenkings probeer soek nie. Hy het eerder gewerk met wat hy gehad het, sy eie ruimte gesoek en slegs vriende en familie se hulp gevra. Hy vertel dat hy sy eie ruimte wou skep, waar hy ten volle uitdrukking kon gee aan sy eie energie en gees.
“As jy hardwerkend is, sal geld in jou hande val,” sê hy en voeg by dat geld nie die enigste doelwit moet wees wat jou dryf nie.
West Dance Academy bied bewegingsopleiding in en rondom die Havana-gemeenskap aan en akkommodeer ook diegene wat graag tuis opgelei wil word.
Waar aanvanklik ongeveer 47 studente daagliks klasse bygewoon het, is daar tans 15 studente by West Dance Academy. Hy vertel dit is weens die pandemie dat die getal afgeneem het, want baie van die studente het vroeër op verskillende dae skool toe gegaan. Die paar wat wel opdaag, word in drie groepe van vyf verdeel om veiligheidsredes en om die Covid-regulasies te gehoorsaam.
Hy wil kinders leer om 'n storie te vertel deur die kuns van dans, vertel Uarije.
“Dans is 'n boek wat jy kan lees, van begin tot einde,” verduidelik hy die evolusie van die kuns.
Uarije het begin dans toe hy maar in graad 2 was. Hy het vir sy ouma kulturele danse rondom die vuur uitgevoer, wat altyd 'n glimlag op haar gesig gesit het.
Hy het besef as hy sy ouma gelukkig kan maak deur dans, kan hy dieselfde vreugde in ander aanwakker.
Hy is passievol daaroor om selfvertroue in jong dansers uit Katutura te kweek wat hulself nie ernstig genoeg opneem om vir oudisies te gaan nie.
Uarije se doel is om deure vir hulle oop te maak en hulle in 'n posisie te plaas waar hulle as dansers kan floreer.
Hy glo hy moet nie net sy dienste aan die gemeenskap verkoop nie, maar ook help waar hy kan. Hy versprei onder meer klere – wat deur sy vriende en familie geskenk is – aan die kinders.
Hy gee ook klere, komberse en kos aan die Havana-gemeenskap, wat moontlik gemaak word deur skenkings van vriende uit die buiteland en in Namibië.
Uarije hou gereeld sy eie optredes en hoewel dit tans moeilik is om voor 'n regstreekse gehoor te dans, kan hy steeds virtueel optree. Hy sal later hierdie maand 'n optrede op The Virtual Hat aanbied. Die datum sal nog bekend gemaak word.
“Ek is ten minste nou weer besig om tradisionele dans en Namibiese kulturele dansers te bemagtig,” sê hy.
Kontak hom by 081 621 3471 of [email protected] om 'n skenking te maak of om sy dienste vir 'n dansoptrede te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie