Dans, klim en skop op Spele se spyskaart
Olimpiese Jeugspele
Wim Pretorius
Die Olimpiese Jeugspele in 2018 sal drie nuwe sportsoorte insluit wat nog nie vantevore deel van die byeenkoms was nie, het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in ''n verklaring gesê.
Die IOK se raad het ingestem om danssport, karate en sportklim by die Jeugspele in te sluit wat in Buenos Aires aangebied sal word.
Dit beteken ''n totaal van 31 sportsoorte sal by die byeenkoms gesien kan word.
Die nuwe toevoegings sal in die program vir die “stadspark” asook die “Olimpiese jeugpark” geïntegreer word wat twee van vier konsepte vir parke is.
Die parke sal oor die stad versprei wees en ander sportsoorte insluit wat in ''n feestelike atmosfeer gehou sal word.
Volgens die IOK is sy doel om dié byeenkoms te gebruik om die jeug en ondersteuners by sport betrokke te kry.
Daarom sal ''n mengsel van opkomende sportsoorte, tradisionele sportsoorte en stedelike sportsoorte ingespan word om die jeug se aandag te trek.
Hoewel dans ''n sport is wat nog nie vantevore by die Olimpiese program ingesluit was nie, gaan die toevoeging van karate en sportklim ''n voorsmakie gee van wat by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio verwag kan word. Volgens die IOK streef dit daarna om geslagsgelykheid te bevorder en sal die nuwe sportsoorte dieselfde aantal vroue as mans insluit.- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie