Dansgroep met ’n boodskap
OYO is ’n jong dansgeselskap van nege jong Namibiërs wat deur dans stories vertel.
Die groep, onder leiding van regisseur en choreograaf dr. Philippe Talavera, is in 2008 in die lewe geroep en hul optredes is ontwerp om tot skole, jeuggroepe en gemeenskappe te spreek.
Die Ombetja Yehinga Organisasie Trust (OYO) is ’n Namibiese trust wat ten doel het om sosiale bewustheid deur kuns teweeg te bring. Een van die mees suksesvolle komponente van die trust is die OYO dansgroep.
Die doel is om belangrike boodskappe na hul gehore te neem oor onderwerpe soos MIV/vigs, stigma en diskriminasie, tienerswangerskap, geslagsgebaseerde geweld en alkoholmisbruik.
OYO gebruik dans as ’n medium wat oor die taalhindernisse heen tot mense spreek. Hulle gebruik storielyne met ’n oorsprong in die alledaagse lewe wat tot die hart eerder as die verstand spreek, ’n werkswyse wat OYO besonder suksesvol vind om na jong gehore uit te reik en ’n blywende indruk laat.
Lede van die OYO dansgeselskap kom uit verskillende dele van die land. OYO werk met werklose jong mense in verskillende streke. Op hulle toere kom hul dikwels jong mense met danstalent teë wat dan uitgenooi word om opleiding te ontvang en deel van die geselskap te word. OYO dansers kom van Uis, Rehoboth, Keetmanshoop, Lüderitz, Grootfontein, Tsumeb, Katima Mulilo, Rundu en Swakopmund.
Dit het alles in 2008 begin met die verhoogstuk The Namibian Odysseus wat by die Nasionale Teater van Namibië opgevoer is. Die dansers wat tydens dié vertoning opgetree het, het die OYO dansgeselskap onder leiding van Philippe gevorm. “Dit is nie maklik om ’n dansgeselskap te onderhou nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie, en ons is vandag hier om dit te vier. In 2015 het ons 292 optredes georganiseer en 107 177 mense bereik. Dit is die moeite werd om te vier,” het Philippe tydens ’n opvoering van “The Moirai” en “Teacher” by die Goethe-sentrum gesê.
Vanjaar is OYO se hooftema tienerswangerskap en hulle is tans besig om gebiede in Kavango-Oos, Kavango-Wes, Ohangwena, Khomas en die //Kharasstreek-streek te dek. Drie danse getiteld “Teacher”, “Ania” en “The dark Medea” spreek die probleem van tienerswangerskap aan.
Behalwe vir die hooftema, werk hulle ook aan twee addisionele projekte. Hulle het ’n opwindende nuwe projek genaamd “San matter” saam met die Finse ambassade aangepak. Hierdie projek het ten doel om jong San-kinders aan te moedig om hulle skoolloopbane te voltooi. Verder wil hulle graag in die skole in die Ohangwena- en Omahekestreek ’n kultuur van verdraagsaamheid bevorder en skole aanmoedig om San-vriendelik te wees.
Die derde projek behels werk in tronke. Hulle word deur die Duitse ambassade ondersteun en is hoopvol dat dit ’n groot impak op die lewe van gevangenes sal hê.
Daar is reeds meer as 120 optredes vir die geselskap geskeduleer en hulle sien daarna uit om met hul uitreikingsprogram ’n verskil aan mense se lewe te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie