Danspaar bou op na wêreldskouspel
'n Goue vertoning in Los Angeles vroeër vanjaar is deur nóg sukses in Kaapstad gevolg.
Andrew Poolman - Die Swakopmundse duo Sonja Keil en Charlotte Ann Taylor-Debortoli se nuutste prestasie in paaldans het die deur vir een van hul grootste uitdagings nóg geopen.
Keil en Taylor-Debortoli het hulle reeds as 'n wêreldklas kombinasie in enige dubbelskategorie bewys. Hulle het hul vernuf onderstreep toe hulle vandeesmaand die gesogte Pole Factor kompetisie in Kaapstad gewen het.
Met dié vertoning het die duo outomaties deurgedring tot die halfeindronde van die Internasionale Paaldanskampioenskap (IPC), wat gedurende November 2019 (moontlik in Singapoer) aangebied word.
Keil en Taylor-Debortoli, beide verbonde aan Pole Dance Fitness van Swakopmund waarvan Keil die eienaar is, sien geweldig uit na die geleentheid om Namibië op die grootste verhoog nóg te verteenwoordig.
Keil en Taylor-Debortoli het in Julie vanjaar 'n briljante goue medalje by die wêreldkampioenskap in uitvoerende kunste in Los Angeles verower.
Dié wêreldtitel is beklink met hul roetine van net 60 sekondes. Die roetine waarmee hulle in die semifinaal en eindronde die knoop deurgehaak het, het volgens Keil ook die grondslag gevorm vir hul nuutste triomf.
“Ná Los Angeles het ons geen groot byeenkomste vir die res van die jaar beplan nie, maar toe bring een van my vorige instrukteurs in die Kaap dit toevallig onder my aandag dat die Pole Factor 'n gulde kwalifiserende geleentheid vir die IPC se halfeindronde sou wees.
“Ons het besluit om die kans aan te gryp en het 'n drie minute video van ons roetine vir die Pole Factor oudisie ingestuur en het toelating gekry. Op 1 Desember het ons by dié kampioenskap teen vier ander sterk duo's meegeding, maar ek skat ons het net daai bietjie ekstra gehad en het gewen!”
Keil sê die komende IPC-skouspel geniet groot aansien en lok altyd die grotes in die sport, insluitend China, Rusland en Amerika.
“Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie geleentheid en sien geweldig daarna uit om Namibië te gaan verteenwoordig. Die feit dat dit in November sal wees, gee ons genoeg tyd om te oefen en geld in te samel. Ons sal uiteraard ons alles gee.”
Die arendsoog van vyf internasionale beoordelaars in Kaapstad het net twee strafpunte vir die Namibiese vertoning raakgesien en hulle was inderdaad vol lof. Van hul kommentaar was soos volg:
Cezanne (72%): “Baie opwindende inleiding! 'n Paar briljante truuks. Jammer oor die einde – het 'n bietjie van die netheid verloor, knieë gebuig en voete nie uitgestrek nie.”
Kris (84%): “'n Koel vertoning. Puik beheer. Meer gesinkroniseerde truuks is nodig. Ek het gevoel hulle het teen die einde bietjie moeg geraak.”
Daria (92%): “Die beste. Só uniek. Ek is mal daaroor.”
Chester (66%): “Die inleiding was baie sterk, gesinkroniseer en dinamies. Ongelukkig kon hulle dit nie vir die volle duur so hou nie.”
Tracey (77%): “Welgedaan! Dit was groot pret om jul roetine te aanskou. Baie oorspronklike bewegings en kombinasies! Puik energie en die tydsberekening was foutloos.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie