Dansstudio 'n eerste vir Havana
Die danser Vetunjona Uarije het 'n ateljee in 'n informele nedersetting geopen om mense in die “hood” aan die kunste bloot te stel.
Tanja Bause – Vanuit 'n kleurvolle sinkhuis op 'n bult in die informele nedersetting Havana weerklink kulturele musiek wat met handeklap en lag gepaard gaan.
In die deur staan mense en kyk na die groep – van alle ouderdomme en kulturele agtergronde – wat besig is om hul harte uit te dans.
Voor hulle staan Vetunjona Uarije (37), algemeen bekend as West – The African Black Cat en gee dansklasse.
Die atmosfeer in die West Dance Centre is vrolik, opgewonde en mense is gelukkig.
“Ek het al vroeg in my lewe besef skool is nie vir my nie. Ek moet dans, sing en optree,” het hy gesê.
West is op Otjondeka in die Opuwo-distrik gebore en het daar met sy laerskoolloopbaan begin.
“Terwyl ek in die klaskamer gesit het, het ek gemaak asof my skooltafel 'n slaginstrument is en daarop gespeel. Ek het besef Engels is die enigste vak wat ek moet leer.”
Toe hy in graad 2 was, het hy al begin om by die skool op te tree en te dans.
“Wat van kleins af die grootste impak op my gehad het, was my ouma en my dans- en sangoptredes wat ek vir haar gehou het voordat sy gaan slaap het. Veral as my ouma in 'n slegte bui was of 'n slegte dag gehad het, het sy my geroep en gevra ek moet vir haar optree sodat sy kan slaap.
“My ouma is in 1998 oorlede en die gevoel wat ek gekry het wanneer ek vir haar gedans het en hoe gelukkig dit haar gemaak het, wou ek vir die res van my lewe behou. Dit het my gemotiveer om aan te gaan.”
In 2000 het hy met sy hoërskoolloopbaan op Opuwo begin.
“Ek het niemand gehad wat vir my skool- en koshuisgelde of klere betaal het nie. Ek het begin dans vir geld. Ek het vir die PEP-winkel gedans vir 'n skooluniform. Ek het in kroeë vir toiletware en klere gedans. My dansery het vir my skool, koshuis en alle benodighede soos skoene betaal.”
Terwyl hy op skool was, het hy by die Kastello-dansgroep aangesluit.
“Die groep het talle toekennings op skool gewen en vir my as 'n danser het hulle die wêreld beteken en my aangespoor om aan te gaan.”
Nadat hy graad 10 gedruip het, het hy besef hy moet ernstig aan sy dansloopbaan aandag gee.
“Ek het elke Sondag 'n TV-program met dansers gekyk en besluit ek wil ook op TV wees.”
West het by Bullet, 'n tradisionele Himba-dansgroep, aangesluit.
In 2010 het hy by die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) aangesluit en het saam met hulle vir die volgende drie jaar deur die land getoer en skole besoek.
OYO is 'n Namibiese trust wat maatskaplike bewustheid deur kuns, dans en toneelspel skep.
“Ek het verveeld geraak en begin dink aan wat ek moet doen om oorsee te kan gaan. Ek het besluit ek moet nuwe danstegnieke leer. Ek het by die Kollege van die Kunste (Cota) aangesluit.”
In 2014 het hy by die Namibiese dansonderneming First Rain Dance Theatre aangesluit.
“Ek was deel van die produksie Anima waarin Lize Ehlers en Shishani gespeel het. Ek was baie trots dat ek saam met dié Namibiese sterre in 'n produksie kon wees.”
Hy het ook vir vier jaar by die NAMA's (Namibiese musiek-toekennings) gedans en met die tradisionele choreografie gehelp. Vanaf 2016 tot nou toe is hy deel van die Da-Mâi-dansgroep.
“In 2019 het ek by die produksie Hereroland aangesluit. Ons is vir drie maande Duitsland toe en ek het in Februarie 2020 teruggekom en toe het Covid die wêreld getref.”
West het hom egter nie laat onderkry nie en hy is nou deel van The Visual Hat, 'n aanlyn platform vir kunstenaars. Hy het ook met die West Dance Centre in die informele nedersetting Havana begin.
DIE DANSSTUDIO
“Die doel van die skool is om mense in die hood aan die kunste bloot te stel. Baie van die kunste wat jy in die dorp sien, het in Katutura begin en tog kan die mense van Katutura dit nie geniet nie. Hulle kan nie die ingangsfooie bekostig nie. Die mense redeneer as 'n kaartjie N$100 kos, kan hulle taxigeld, kos en nog baie meer met die geld koop. Dus het ek besluit om die dansstudio te open sodat mense van die buurt die atmosfeer kan voel en 'n stukkie daarvan kan beleef.”
In die toekoms hoop hy om weer optredes met sy dansgroep van agt te kan hou.
“Ons is 'n mengelmoes van Namibiërs en doen verskillende kulturele danse by lodges. Ek hoop ook om eendag toeriste hier by die danssentrum te kan ontvang. Hulle kan nadat hulle 'n toer deur die dorp en Katutura gedoen het hier kom stop. Ons gaan vir hulle dans en die vuur aansteek. Hulle kan hulle besoek met stories om die vuur afsluit.”
Hy wil ook die sentrum self vergroot sodat hy self dansoptredes vir 'n gehoor kan gee.
“Dit is weer sodat mense van die buurt die optredes kan beleef en bywoon, dit is my groot droom.”
Die dansklasse is verniet en daar is nie 'n ouderdomsbeperking nie. Almal is welkom om in te loer en deel te neem.
“Die kinders kan nie bekostig om te betaal nie en ek kan hulle nie wegwys nie. Ek gaan net aan en ek is vol vertroue dat iets goed eendag sal gebeur; eendag sal dinge verbeter. Tans betaal ek vir alles uit my eie sak deur my optredes.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie