Darfoer: Drie dood in skermutselinge
Botsings tussen Soedannese magte en inwoners van 'n kamp vir ontwortelde mense in Darfoer het drie lewens geëis, het die Verenigde Nasies (VN) gesê.
Soedan se pres. Omar al-Basjir het 'n beroep op versoening in die oorloggeteisterde Darfoerstreek gedoen nadat skermutselinge tussen regeringsmagte en rebelle uitgebreek het.
Basjir, wat in die Internasionale Strafhof teregstaan vir volksmoord en oorlogsmisdade wat met die Darfoer-konflik verbind word, het die gebied besoek voordat Amerika volgende maand sal besluit of 'n dekade lange handelsverbod op Soedan opgehef word.
Vrydag het inwoners van Kamp Kalma in die suide van Darfoer teen Basjir se besoek betoog en met regeringsmagte slaags geraak toe drie inwoners dood en 26 gewond is.
“Ek doen 'n beroep op almal wat betrokke is om kalmte so gou as moontlik te herstel,” het die VN se missiehoof, Jeremiah Mamabolo, gesê.
Dik rook het uit die kamp geborrel terwyl polisie in onlustedrag ontplooi is en ambulanse van die VN gewondes na klinieke geneem het.
Rebelle groepe verkwalik die owerhede vir die onluste en sê Basjir moet vir die voorvalle aanspreeklik gehou word.
Kamp Kalma huisves meer as 125 000 mense wat deur die konflik dakloos gelaat is.
“Ek wil hê die wêreld moet hoor dat ons in Shattaya is en dat ons saam met die mense van Shattaya is,” het Basjir gesê in die nedersetting waar geweld in 2003 tussen regeringsmagte en rebelle uitgebreek het.
Internasionale menseregtegroepe sê nedersettings soos Shattaya was die toneel van oorlogsmisdade toe regeringsmagte met 'n teenoffensief teen rebellegroepe begin het.
Die Darfoer-konflik het begin toe Afrika etniese minderheidsrebelle die wapen teen Basjir se Arabies-oorheersde regering opgeneem het en die regering van ekonomiese en politieke marginalisering beskuldig het.
Volgens die VN is meer as 300 000 mense in die konflik dood en 2,5 miljoen dakloos gelaat.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie