Dash deur emosie gedryf
Fietsry
Andrew Poolman
Om verskeie redes sal die 2020-weergawe van die Nedbank Desert Dash as 'n besondere geleentheid uitstaan.
Vir die nagenoeg duisend deelnemers is die wegspring vanmiddag omstreeks 15:00 in Windhoek, met die spertyd 24 uur later om die 373 km tot in Swakopmund af te lê.
Verskeie twee- en viermanspanne het reeds verklaar dat hul deelname aangedryf word om ook geld in te samel of bewustheid vir verdienstelike welsynsprojekte te bevorder.
Een so 'n span is die Desert Eagles viermanspan, bestaande uit Michael Durant, Hentie Nel, Jacques van Zyl en JP Visser. Hul verklaarde doelwit is om geld vir die M7 Trust in te samel, ten bate van die oudrugbyspeler en -afrigter Mathys van Rooyen, wat vroeg in 2019 met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer is.
“Ons vier is al 26 jaar lank pelle, vandat ons in Hoërskool Academia saam rugby gespeel het en in onlangse jare ook die Dash saam gery het.
“Ons almal ken vir Thys amper net so lank, so dit maak die hele projek baie spesiaal vir ons,” sê Durant.
BEURSIES OOP
“Daar bestaan tans geen geneesmiddel vir MNS nie en vir Thys om selfs alledaagse take uit te voer, word toenemend 'n enorme uitdaging.
“Ons wil tydens die 2020 Dash geld insamel vir sy trust, wat kan help met al sy onvoorsiene uitgawes. Ons het verlede maand vir hom 'n spesiale rolstoel, geskik vir enige terrein, gekoop en daar sal nooit genoeg woorde van dankbaarheid wees aan almal wat alreeds bydraes gemaak het nie.”
Die Desert Eagles is spesiaal dankbaar teenoor hul twee borge Corniel Nel Real Estate en Kalahari Wire Products, “veral in moeilike tye soos vandag”.
Vir enigiemand wat belangstel om 'n donasie te maak, die Trust se besonderhede is: Standard Bank Namibia, Mathys van Rooyen - M7 Trust, trustrekeningnommer 60004996347 (takkode 802372).
• Mnr. Leander Borg, 'n organiserende lid van die Desert Dash, het bevestig dat die Dash-komitee 'n skenking van N$55 000 aan die M7 Trust bewillig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie