Data gee MTN 'n hupstoot in kwartaal
Elvira Wood
Verbruikers verkies dit om data te gebruik wanneer hulle op MTN se netwerk kommunikeer, eerder as om 'n stemoproep te maak.
In sy nuutste resultate vir die kwartaal tot einde Maart sê MTN dataverkeer op sy netwerk het met 145% gestyg teenoor 'n jaar gelede, terwyl stemverkeer met slegs 2% toegeneem het.
Die maatskappy sê sy totale omset het met 7,1% gestyg teenoor 'n jaar gelede met veral goeie groei in Nigerië (11,6%) en Iran (19,3%). In Suid-Afrika het omset uit dienste met 4,1% gestyg.
Opbrengs uit data verteenwoordig 20% van die maatskappy se totale opbrengs. Sy intekenaargetalle het met 1,5% tot 236,8 miljoen gedaal teenoor die vorige kwartaal.
MTN sê dié daling is weens 'n aanpassing van intekenaargetalle in Ghana, Rwanda en Zambië, asook seisoenale tendense in Suid-Afrika.
Hoewel sy intekenare in Suid-Afrika met 1,7% tot 30,23 miljoen gedaal het teenoor die vorige kwartaal, is dit steeds 0,5% meer intekenare as 'n jaar gelede.
Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN, sê in 'n verklaring hy glo die maatskappy kan steeds die doelwitte wat hy gestel het vir die groei in intekenare vanjaar haal.
Hy sê die maatskappy maak goeie vordering om sy netwerk in veral Suid-Afrika, Iran en Nigerië uit te brei, waar hy in die jaar tot dusver R4,619 miljard aan opgraderings en uitbreiding bestee het.
In Suid-Afrika het hy 515 nuwe LTE- en 53 nuwe 3G-netwerkpunte gedurende die kwartaal in gebruik geneem. MTN het Woensdagoggend teen R126,80 op die JSE begin verhandel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie