David Goldblatt sterf
David Goldblatt sterf

David Goldblatt sterf

Laetitia Pople

Die gevierde Suid-Afrikaanse fotograaf David Goldblatt (87) is in die vroeë oggendure van Maandag 25 Junie dood.

Goldblatt is veral bekend om sy uitbeelding van Suid-Afrika in die apartheidsjare. Hy word as een van die groot fotograwe van die 20ste eeu beskou en is wêreldwyd bekend vir sy lewenslange presiese aantekening van die geweld en verdrukking in Suid-Afrika onder apartheid. Hy het dekades lank sy vaderland deurkruis om die maatskaplike verwikkeldhede aan te teken. Elk van sy projekte getuig van navorsing en fokus.

Goldblatt het as tiener al begin foto’s neem. Van sy heel eerste werk was van vissers, asook dok- en mynwerkers. Hy het steeds met ’n mediumformaatkamera gewerk wat hy op ’n driepoot staangemaak het.

EERBETOON

In 2006 is die Hasselbladprys en drie jaar later die Henri Cartier-Bresson-prys aan hom oorhandig – die grootste eerbetoon vir fotokuns ter wêreld.

In 2016 het sy alma mater, die Universiteit van die Witwatersrand, hom met ’n eredoktorsgraad vereer. Goldblatt was ook die eerste Suid-Afrikaner om ’n solotentoonstelling in die Museum of Modern Art in New York te hou.

’n Oorsigtentoonstelling van sy werk wat oor vyf dekades van fotokuns strek, is tot verlede maand nog in die Centre Pompidou in Parys, Frankryk, gehou. Dit is die eerste uitstalling van dié omvang in Frankryk van die vermaarde fotograaf wat in November vanjaar 88 sou word.

Soos sy ontslape vriendin, die skrywer Nadine Gordimer, al oor sy werk aangehaal is: “David Goldblatt kiek nie die wêreld met sy kamera nie. Hy wil homself verlos van die vooroordele oor dit wat hy sien, voordat hy dit verder ondersoek met sy gunstelinginstrument, die foto.”

Goldblatt is gister volgens die Joodse tradisie in die Wespark-begraafplaas te ruste gelê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!