David Rockefeller sterf op 101
Die Amerikaanse magnaat en filantroop David Rockefeller is Maandag op die ouderdom van 101 in sy slaap in Pocantico Hills, New York, oorlede.
Rockefeller, voormalige hoof van Chase Manhattan Bank en patriarg van een die invloedrykste families in Amerika, het in sy lewe meer as N$25 miljard (US$2 miljard) weggegee. Hy was die seun van John D. Rockefeller Jr, wat die bekende Rockefeller Centre in New York ontwikkel het, en die laaste kleinseun van John D. Rockefeller, oliemagnaat en stigter van Standard Oil.
David was die hoof van Chase Manhattan Bank van 1969 tot 1981 en het noue bande met regerings en internasionale maatskappye opgebou.
Hy was die jongste van ses kinders en het in New York grootgeword.
Die negeverdiepingherehuis waarin hy grootgeword het, is vandag deel van die Museum of Modern Art, wat sy ma, Abby, in 1929 help stig het.
Forbes het in Maart vanjaar geraam sy fortuin, eiendomsbeleggings, deel van familietrusts en ander aandele is R41,6 miljard ($3,3 miljard) werd.
David het in 1936 aan die Harvard-Universiteit studeer en het ’n doktorsgraad in ekonomie aan die Universiteit van Chicago in 1940 verwerf.
Sy vrou, Peggy, is in 1996 oorlede. Hulle het ses kinders en 10 kleinkinders.
David het in sy negentigs steeds elke dag werk toe gegaan. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie