Davies gee voorkeur aan jeug vir Japan 2019
Afrigter Phil Davies sê hy glo die groep beskik oor die vermoë om die land by die Wêreldbeker trots te maak.
Andrew Poolman - Die onervare jong Chad Plato eerder as die veteraan Chrysander Botha was gister die totaal onverwagse keuse toe Namibië se Wêreldbeker-rugbygroep van 31 spelers na Japan aangekondig is.
Botha wou gister “liewer niks” kommentaar lewer toe die koerant hom oor sy weglating gepols het nie.
Die 31-jarige heelagter wat in 2008 vir Namibië begin speel het, het in Juniemaand die toer na Uruguay met 'n gebreekte vinger misgeloop, maar het andersins bykans elke ander toetswedstryd van die afgelope jare in die 15-trui begin. Daar is daglig tussen die 49 toetse waarin hy as heelagter uitgedraf het (die nasionale rekord in die posisie), en die volgende meeste (Johann Tromp en André Stoop, beide op 11).
Botha hou sedert verlede jaar die nasionale rekord vir die meeste toetsdrieë (28 in 56 toetse) en het in onlangse wedstryde oënskynlik min verkeerd gedoen om dié weglating te regverdig. Die voormalige Goue Leeus- en Exeter-speler se vertonings tydens sy vorige twee Wêreldbekers (2011 en 2015) was ook heel skaflik.
Plato het laas Saterdag twee drieë gedruk om Namibië sy opwarmwedstryd teen die Southern Kings in Windhoek te help wen, insluitend die wendrie met die laaste beweging van 'n teenaanval wat Helarius Kisting en Cliven Loubser vanaf hul eie doelgebied aangevoor het.
Plato, 'n gewese nasionale o.20-speler wat sy enigste twee toetse laas jaar op die November-toer teen Spanje en Portugal gespeel het, het tevore 'n junior kontrak by die Blou Bulle gehad, maar het die afgelope seisoen vir Unam en 'n paar keer vir die Windhoek Draught Welwitschias uitgedraf.
Sy spoed en vlugvoetigheid is nie onder verdenking nie, maar die groot vraag is of Plato teen die reuse van Wêreldbeker groep B (Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Italië en Kanada) sy man kan staan.
Die president van die Namibië Rugby-unie, mnr. Corrie Mensah, sê vandat die voorlopige groep van 38 goedgekeur was, is dit nie meer hy wat vir die keuses pa staan nie.
“Die afrigter- en mediese span moet bepaal of elke speler fisiek, verstandelik, karaktergewys en volgens enige ander kriteria op standaard is.
“Die rede wat aan my oor Chrysander se weglating oorgedra is, is dat sy spoed en fiksheid nie meer soos in sy jong dae is om dinge op die teenaanval te laat gebeur nie. Laas Saterdag teen die Southern Kings het hy ook twee blapse begaan, hoewel daar onder die hoë bal inmenging van 'n spanmaat was.”
ONGELUKKIGES
Benewens Botha wek die weglatings van die losvoorspeler Renaldo Bothma en stut Casper Viviers asook die belowende losskakel PW Steenkamp die meeste opspraak in rugbykringe.
Die vraagtekens oor Bothma, eens 'n vreesaanjaende baldraer, se kondisionering ná sy armbeserings het klaarblyklik nie gewyk nie. Hy het Sondag sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig om op sy loopbaan by London Harlequins te fokus.
Davies het gister uitgewys dat Namibië 'n paar ekstra baljagterflanke eerder as stormramme gekies het, wat strook met wat die spel se groot kanonne doen.
Viviers se plek was reeds 'n geruime tyd in gevaar vandat hy in 'n ondergemiddelde fisieke kondisie vanaf sy Franse klub Surenes teruggekeer het. 'n Spesiale fiksheidsprogram die afgelope weke het oënskynlik nie genoegsame vordering gewys om die voordeel in die guns van sy ondervinding (37 toetse) en veelsydigheid te swaai nie.
Beserings het klaargespeel met afrigter Phil Davies se opsies om byvoorbeeld die vleuels Oderich Mouton (komende skoueroperasie) of Gino Wilson (knie-operasie in 2018) of die slot Mahepisa Tjeriko (knie) te oorweeg.
Davies het reeds aangedui dat die tyd ná die Wêreldbeker ryp sal wees vir Namibië om 'n nuwe hoofafrigter aan te stel. Die groep se gemiddelde ouderdom van 26 jaar verseker dat hy 'n stewige kern vir sy opvolger sal nalaat.
“Dit was 'n moeilike proses met vele slapelose nagte, maar in terme van veelsydigheid en robuustheid glo ek dat ons die beste kombinasie bymekaar het.
“Ons het hard probeer om die keuringsproses so deursigtig moontlik te maak en die spelers se toewyding was uitstekend. Ek is in my skik met die posisie waarin ons ons bevind,” het die Wallieser gister gesê.
Volgens hom sal 'n lys van amptelike bystandspelers vir die toernooi later bekend gemaak word.
KERN VAN ERVARING
Eugene Jantjies, skrumskakel, word soos verwag die eerste speler wat Namibië die vierde keer by 'n Wêreldbeker sal verteenwoordig.
Pieter-Jan van Lill, Rohan Kitshoff en Darryl de la Harpe is almal vir hul derde toernooi gekies. Hulle sluit aan by die uitgelese groepie van Namibiërs wat dié prestasie behaal het (Heino Senekal, Deon Mouton, Herman Lintvelt, Hugo Horn, Jacques Burger, Tinus du Plessis, Johnny Redelinghuys).
Die senter Johan Deysel is die toerkaptein, met die slot Tjiuee Uanivi as die onderkaptein. Dié twee neem die leiding van 'n groep wat vyftien oorblywende spelers van die vorige Wêreldbeker in Engeland bevat.
Deysel het die span verlede jaar deur 'n dominerende kwalifiserende veldtog gelei toe hulle die opposisie in die Rugby Afrika Goue Beker uit die pad gevee het.
Die groep vertrek op 12 September na Japan en is saam met Italië, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Kanada gegroepeer.
Die groep is soos volg (klub en ouderdom tussen hakies):
STUTTE
André Rademeyer (Wanderers, loskop, 21)
Nelius Theron (Luiperds, vaskop of loskop, 22)
Desiderius Sethie (Unam, loskop, 26)
AJ de Klerk (Wanderers, vaskop, 27)
Aranos Coetzee (Vrystaat Cheetahs, vaskop, 31)
HAKERS
Obert Nortjé (Unam, 22)
Louis van der Westhuizen (Luiperds, 24)
Torsten van Jaarsveld (Bayonne, Frankryk, 32)
SLOTTE
Tjiuee Uanivi (London Scottish, 28)
Johan Retief (Pukke, Luiperds, 23)
Pieter-Jan van Lill (Bayonne, Frankryk, 35)
Max Katjijeko (Luctonians, Engeland, 24)
LOSVOORSPELERS
Thomasau Forbes (Dolphins, 31)
Rohan Kitshoff (Wanderers, 33)
Prince !Gaoseb (Unam, 21)
Wian Conradie (Pukke, 24)
Adriaan Booysen (Wanderers, 23)
Janco Venter (Jersey, Engeland, 24)
SKRUMSKAKELS
Damian Stevens (Sharks, 24)
Eugene Jantjies (Wanderers, 32)
LOSSKAKELS
Cliven Loubser (Blou Bulle Akademie, 22)
Helarius Kisting (Baie Mare, Roemenië, 25)
SENTERS, VLEUELS, HEELAGTERS
Darryl de la Harpe (Wanderers, 32)
Johan Deysel (kaptein, Colomiers, Frankryk, 27)
Justin Newman (Pukke, Luiperds, 24)
JC Greyling (Wanderers, 28)
Lesley Klim (Ospreys, Wallis, 26)
Janry du Toit (Wanderers, 23)
Peter Johan (PJ) Walters (Western Suburbs, 26)
Johann Tromp (Wanderers, 28)
Chad Plato (Unam, 21)
TOERBESTUUR
Phil Davies (hoofafrigter), Dale McIntosh (verdedigingsafrigter), Mark Jones (aanvalsafrigter), Jaco Engels (skrumafrigter), dr. Vernon Morkel (spandokter), Innis Erasmus (fisioterapeut), Aneurin Robyn (fisioterapeut), Wayne Proctor en Sergio de la Harpe (krag en kondisionering), Dominic le Roux (rehabilitasie en sportwetenskaplike), Sam Pickford en Tom Sorsby (video-ontleding), Daniella Filipovich (mediabestuurder), Irvin Newman (spanbestuurder), Elias Viho (bagasiemeester) en Peter Harding (logistieke bestuurder).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie