Davies lok drie na Yorkshire
Die getal Namibiërs wat vanjaar hul rugby oorsee speel, is steeds aan die opskuif.
Andrew Poolman - Drie lede van die Namibiese rugbyspan by verlede jaar se Wêreldbekertoernooi het vandeesweek die werkvisums in hul paspoorte ontvang om klubrugby in Engeland te gaan speel.
Die senter Darryl de la Harpe, flank Prince !Gaoseb en stut André Rademeyer vertrek die naweek om hulle by Yorkshire Carnegie aan te sluit.
Dié trotse, maar sukkelende klub het onlangs die gewese Namibiese afrigter Phil Davies aangestel in hul desperate strewe om relegasie uit die Engelse kampioenskap af te weer.
Yorkshire bevind hom tans in die laaste posisie uit die twaalf spanne in die liga, met net 'n enkele verloorbonuspunt ná tien opeenvolgende nederlae. Relegasie lyk na 'n bykans uitgemaakte saak, want spanne nommer tien en elf, Nottingham en Bristol Bears, staan elk reeds op 17 ligapunte.
Davies glo die byvoeging van die drie Namibiërs is 'n versterking van sy spelersgroep. In die Wallieser se vorige lewe as hoofafrigter tussen 1996 en 2006 (toe dié klub nog as Leeds Tykes bekend gestaan het) het die span vanuit die Engelse nasionale vierde liga geklim om in die 2002-2002 Engelse premierliga te speel en selfs in die Europese Heineken-bekerkompetisie mee te ding.
Davies het aan Republikein gesê: “Ons is verheug dat Darryl, André en Prince kom aansluit om met ons nuwe projek hier in Yorkshire te help.
“Van die Namibiese nasionale spelersgroep wat ons oor die laaste vier jaar ontwikkel het, is daar nou omtrent 19 wat hul rugby op professionele vlak in die buiteland speel. Hopelik sal hierdie blootstelling van nut wees vir die land se aanslag op die volgende Wêreldbeker-siklus.”
Die teenwoordigheid van vele internasionale spelers wat vir die beroepsklubs in die Engelse kampioenskap speel, sal gewis vir die Namibiërs goeie blootstelling bied.
AANPASSING
De la Harpe is 'n veteraan van 50 toetse vir wie Japan 2019 sy derde Wêreldbekertoernooi was. Die 33-jarige senter het daarna sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig, ná nege seisoene op die hoogste vlak.
Hierteenoor staan !Gaoseb (21) nog maar aan die begin van 'n belowende loopbaan, met net drie toetsverskynings sover. Met 'n merkwaardige 21 duikslae in die Wêreldbekertoets teen die All Blacks in Tokio het hy reeds gewys dat geen uitdaging vir hom te groot is nie en dat sy werkvermoë van topgehalte is.
Veral vir die jong stut Rademeyer (21), wat sover ses toetse agter die blad het, kan die Europese toestande 'n harde leerskool wees, met die natter weer en swaarder velde wat dikwels die spel stadiger maak en groter klem op die vaste fasette plaas.
Rademeyer was tot nou 'n student op Stellenbosch en het sy studies opsy geskuif en moes hom boonop as 'n lid van die Maties se oefengroep vir die Varsitybekerreeks onttrek.
Hy sê: “Ek het besluit dis 'n geleentheid om aan te gryp, want ek het groot respek vir Phil ná die drie seisoene wat ek onder hom gespeel het. Hoewel ons al drie net vir vyf maande geteken het, het ek vertroue in sy spelfilosofie en dat hy sal seker maak ons word nie gestrand gelaat sonder opsies wanneer die seisoen in Mei eindig nie.”
Rademeyer sê hy sien uit na die kans.
“Die spel in Engeland sal aanpassing verg, veral vir ons wat uit 'n warm en droë klimaat kom. Ek was darem bevoorreg om reeds toere met die Namibiese span te kon hê waar ons op nat velde of sintetiese velde geskrum en gespeel het. Ons sal aanpas.”
Yorkshire se swak posisie het hom nie afgeskrik nie. “Ongeag wat gebeur, is dit vir ons 'n kans om raakgesien te word teen die sterker spanne. Yorkshire het 'n professionele opset, 'n goeie stadion en moderne gimnasiumfasiliteite. Ons sal gaan en ons volle deel bydra om die klub te help.”
Davies se destydse Walliese spanmaat, Wayne Proctor, sal net soos tydens dié twee se Namibiese termyn (2015 tot 2019) die krag en kondisionering by Yorkshire hanteer.
• Die drietal is nie die eerste Namibiërs in die geskiedenis wat vir Yorkshire Carnegie rugby speel nie.
Die stut en voormalige kaptein van die 2007 Wêreldbekerspan, Kees Lensing, het vir een seisoen (2006) daar diens gedoen toe hulle nog die Leeds Tykes geheet het.
TROMP NA RUSLAND
Die veelsydige en ervare Johann Tromp begin ook binnekort 'n nuwe hoofstuk in sy loopbaan, met die bevestiging dat hy deur die Russiese klub Kazan Arrows gewerf is.
JP Nel, hoofafrigter van die klub, het reeds een seisoen daar agter die blad en het onlangs ook sy vriend Jaco Engels daarheen gelok om die voorspelers af te rig.
Nel en Engels was tevore beide by die afrigting van die Windhoek Draught Welwitschias en die Namibiese nasionale span betrokke, ná hul speeldae saam vir die Blou Bulle.
“Johann het by ons geteken nadat ons hom 'n kontrak vir twee jaar aangebied het en is besig om die formaliteite af te handel. Ons seisoen in die Russiese premierliga begin aan die einde van April. Hier is nogal redelik baie Suid-Afrikaners wat vir spanne in dié liga speel,” het Nel aan die koerant
gesê.
Tromp (29) het onlangs sy internasionale uittrede aangekondig ná die 2019 Wêreldbeker, sy tweede toernooi benewens Engeland 2015. Hy het Namibië in 43 toetse as heelagter, vleuel en senter verteenwoordig, waarin hy 19 drieë gedruk het (sesde op die nasionale rekordlys).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie