Davies praat by Toks & Tjops
Twee legendes van Springbokrugby in die 1980’s, die vleuel Ray Mordt en flank Rob Louw, is die eregaste van die Toks & Tjops Road Show wat vanaand by die SKW-saal in Olympia opgeneem word.
Tydens die gebruiklike informele rugbypraatjies sal sterk klem egter ook op die vooruitsigte van die Namibiese spel wees, met Phil Davies, afrigter van die nasionale toetsspan, wat ook een van die genooide sprekers sal wees.
Verlede naweek se Curriebeker-loesing teen die Griffons was vir plaaslike ondersteuners ’n onaangename skok, maar Davies se visie bly onverstoord dat Namibië met ’n paar verstellings terug op koers kan kom. Die Wallieser glo die volgehoue ontwikkeling van die land se rugbytalent sal die Welwitschias op dreef hou om opnuut vir die 2019 Wêreldbeker te kwalifiseer en sy aansien in ere te herstel.
Soos altyd sal Toks van der Linde, Breyton Paulse, Janina Oberholzer en Vaatjie weer as die aanbieders van Toks & Tjops teenwoordig wees.
Tafels vir agt mense beloop N$4 500 vir die geleentheid wat om 17:00 vir 17:30 open. Vir kaartjies of meer inligting kan sel. 083 383 3333 geskakel word. Windhoek Draught, FNB Namibia en Pick & Pay is die hoofborge van die geleentheid, saam met verskeie ander bekende handelsmerke. Musiek word deur die Campbells verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie