Davos: Hartseer oor ‘9 verlore jare’
Ramaphosa het in sy toespraak na hierdie tydperk verwys, waarin oudpres. Jacob Zuma aan bewind was.
Ferial Haffajee, Fin24 – Die “nege verlore jare” waarna pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek op ’n ete in Davos, Switserland, verwys het, het dit by Peter Moyo, uitvoerende hoof van Old Mutual, tuisgebring wat die afgelope nege jaar werklik Suid-Afrika gekos het.
Moyo is deel van die hoëvlak sake- en regeringsafvaardiging by die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlikse spogberaad in die Switserse ski-dorp.
“Die president het oor nege vermorste jare gepraat en dit was die eerste keer dat ek dié frase gehoor het. Dit het my laat dink oor hoe die land oor die afgelope nege jaar bestuur is.
“Ons het van die vordering verloor wat ons gemaak het. Dit was ’n tydperk waarin ons baie beter kon vaar as ’n land.”
Ramaphosa het al voorheen in toesprake na die tydperk van 2008 tot 2018 as ’n verlore dekade verwys, maar in sy toespraak by Davos dit tot nege jaar verkort, wat ooreenstem met die tydperk waarin oudpres. Jacob Zuma aan bewind was.
“Vir die eerste keer sien ons die regering doen die regte goed oor korrupsie. Ek dink dit is die eerste keer dat korrupsie en sy gevolge openlik bespreek word.”
Volgens Moyo is die Davos-gangers se vooruitsigte vir Afrika goed. Daar is groot belangstelling in opkomende markte. Beleggers glo steeds Afrika sal na die internasionale radarskerm terugkeer.
Moyo meen mense is veral meer positief oor Oos-Afrika. “Dit is ’n streek wat baie gedoen het wat betref die vierde nywerheidrevolusie. As jy van finansiële inspuiting praat kom Kenia telkens na vore. Daar word baie gepraat oor hoe georganiseerd Rwanda is en mense sê pres. Paul Kagame is ’n baie goeie leier.”
“Hulle beweeg in die regte rigting,” sê Moyo. - Fin24, verkort/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie