Davos: Ramaphosa verwag vrae oor Eskom, grond
SA president sê nóg ’n kwessie waaroor hulle verwag die beleggingsgemeenskap vrae gaan vra, is die ANC se verkiesingsmanifes.
Elvira Wood - Eskom is net soos ’n jaar gelede wéér ’n uitdaging waaroor die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreld- Ekonomies Forum se beraad in Davos vrae gaan moet beantwoord.
Dié keer glo pres. Cyril Ramaphosa dat ongeag die stand van sake by Eskom, dit makliker gaan wees om dié vrae te beantwoord.
Dit was die president se boodskap aan lede van die afvaardiging en die media gisteroggend tydens ’n ontbytgeleentheid wat in Rosebank, Johannesburg, gehou is.
Bekende sakelui soos Maria Ramos, voorsitter van Absa, Sim Tshabalala, voorsitter van Standard Bank, Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN, en Stephen Koseff, afgetrede voorsitter van Investec, het die geleentheid bygewoon.
“Eskom is wéér ’n uitdaging wanneer ons na Davos gaan,” sê Ramaphosa.
“Ons het sedertdien ’n taakspan saamgestel wat reeds gister met my en met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, vergader het oor hoe om die probleme by Eskom op te los.
“Hulle gaan gereeld vergader om idees ter tafel te lê om te sien hoe ons Eskom kan stabiliseer.
“Daar is ’n lig aan die einde van die tonnel. Ja, enorme uitdagings staar ons in die gesig soos die tariefverhoging wat Eskom wil hê en daar is tans ’n groot debat wat daaroor heers,” sê hy.
“Ons kan egter op ’n manier sê die kwessie oor Eskom is gehanteer,” sê hy.
ANC-MANIFES
Ramaphosa sê nóg ’n kwessie waaroor hulle verwag die beleggingsgemeenskap vrae gaan vra, is die ANC se verkiesingsmanifes.
Dié manifes is die afgelope naweek bekend gestel.
Een van die voorstelle in dié dokument wat reeds enorme reaksie ontlok het, is die voorstel dat aan pensioenfondse voorgeskryf moet word in watter bates hulle moet belê.
RESERWEBANK
“Die Reserwebank se onafhanklikheid is heilig.
“Daar is geen voorneme om aan die onafhanklikheid van die bank te raak nie.
“Die wens is dat soos die bank sy monetêre beleid saamstel, moet hy net ’n oog op werkskepping hou,” sê Ramaphosa.
“Julle sal bly wees om te hoor dit is presies wat die Reserwebank reeds doen.
“Dit sou besonder kommerwekkend gewees het as ons voorgestel het dat daar na die mandaat van die Reserwebank gekyk moes word.
“Solank dit duidelik is – en ek kan dit sonder enige twyfel sê – die onafhanklikheid en die rol van die Reserwebank is heilig. Hy sal onafhanklik bly. Daar is geen debat daaroor nie.”
GRONDHERVORMING
Ramaphosa het erken grondonteiening sonder vergoeding gaan ook ’n kwessie wees waaroor die afvaardiging vrae gaan moet beantwoord.
“Ons wil duidelikheid bied oor die kwessie om grond sonder vergoeding te onteien.
“As jy die wetsontwerp wat nou ter tafel gelê is deeglik lees, sal jy sien dit poog om die stappe wat gevolg gaan word duidelik uiteen te sit. Dit sê watter grond vir dié tipe onteiening gebruik gaan word,” sê hy.
Ramaphosa sê die fokus is veral op grond wat aan die staat behoort en grond wat nie gebruik word nie.
Hy sê verder die sleutelkwessie dat voedselsekuriteit gewaarborg moet word en dat ekonomiese groei aangemoedig moet word, staan sentraal in alle besluite wat oor grond geneem word.
“Ons sal nie grondgrype toelaat nie.
“Ons sal nie grond op ’n wraaksugtige manier onteien nie,” het Ramaphosa beloof.
SAID, NVG en ZONDO-KOMMISSIE
Ramaphosa sê daar is verskeie ander kwessies waarmee die regering die afgelope maande groot vordering gemaak het.
“Ons stabiliseer ’n aantal staatsondernemings, soos die nasionale vervolgingsgesag (NVG). Die NVG het ’n nuwe hoof wat binnekort begin.
“Ons het al die aansoeke vir die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ontvang.
“’n Nuwe kommissaris sal aangestel word.
“Die Zondo kommissie is aan die gang en help ons om uit te vind presies wat met staatskaping gebeur het. Dit moet verseker dat dit nooit weer gebeur nie,” sê Ramaphosa.
Die president sê verder die regering werk hard daaraan om korrupsie uit te roei.
“Ons wil in Davos ’n positiewe boodskap aan die beleggers gee.
“Ek glo ons is op ’n goeie pad,” sê Ramaphosa.
BERAAD
Die beraad in Davos vind van 22 tot 26 Januarie in die Switserse Alpe plaas.
Ramaphosa sê ná die beraad sal hy vir ’n staatsbesoek na Indië vertrek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie