Dawie Roodt: 'Dit gaan jare vat om gradering te herstel'
Ons het reeds die prys betaal vir ons afgryslike leierskap. Dinge kan nog slegter gaan, maar Zuma het waarskynlik sy laaste kaart gespeel. Al wat vir hom oorbly is meer vernietiging en meer isolasie van die res van sy steunbasis, skryf Dawie Roodt.
So, ons is afgegradeer nes ons verwag het. Trouens, die graderingagenskap het vir ons baie kans gegee om van ons sondes af te sien, om te berou. Maar boosheid, staatskaping, oneerlikheid en doodgewone slegheid het tot die onafwendbare gelei.
Maar die markte het 'n afgradering verwag, wat die verbasend gedempte reaksie op die finansiële markte verklaar. Dit beteken ons betaal al lank 'n baie duur prys vir hierdie vernielsugtige regering. Ons het almal 'n afgradering verwag en toe dit uiteindelik gebeur, toe gebeur daar eintlik baie min! Ek kan nie genoeg beklemtoon dat die markte eintlik in 'n baie geringe mate op die aankondiging van 'n afgradering gereageer het nie. En dit bewys net die punt dat Zuma en kie. ons land al vir 'n geruime tyd verniel.
Die ander graderingagentskappe sal waarskynlik Standard & Poor's se voorbeeld volg. Maar wat beteken dit vir ons? Dit beteken waarskynlik dat die rand, die kapitaalmark, die ekonomie, werkgeleenthede en ekonomiese groei alles onder druk sal bly. Dit beteken dit dit nog langer met ons sleg sal gaan.
Ons het reeds die prys betaal vir ons afgryslike leierskap. Dinge kan nog slegter gaan, maar Zuma het waarskynlik sy laaste kaart gespeel. Al wat vir hom oorbly is meer vernietiging en meer isolasie van die res van sy steunbasis. Zuma se mag is uitgedien.
Ons het ons geldeenheid erg ondergewaardeer, ons het ongelooflik aantreklike winste op ons kapitaalmark, ons het fantastiese ondernemings om in te belê. Suid-Afrika is 'n winskopie! Tog, ondanks dit alles, het ons waarskynlik minstens twee jaar nodig om ons beleggingstatus te herwin; heel moontlik vyf.
Al wat ons nou nodig het, is 'n verandering in politieke leierskap. En al wat ons daarvoor nodig het, is minstens 50 ANC LP's! Stem ter wille van jul gewetens, dames en here, nie ter wille van jul loopbane nie. -Netwerk24
*Dawie Roodt is hoofekonoom by die Efficient Groep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie