DBV: Aanhoudingskrale skok
Tanja Bause
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Oshanastreek het Vrydag diere gevoer wat in die Ondangwa-dorpsraad se dierekamp aangehou word.
Volgens 'n verklaring wat die DBV van Namibië uitgereik het, vrek dié diere van die honger.
Volgens me. Petrina Shitalangaho, woordvoerder van die Ondangwa-dorpsraad, word beslag gelê op die diere wat in die dorp rondloop, en hulle word dan by die kraal aangehou.
“Ons gee hulle elke dag genoeg kos sodat hulle kan oorleef. Ons kan hulle egter nie soveel kos gee dat hulle vet word nie, omdat ons dit nie kan bekostig nie,” het sy gesê.
Sy het ook bevestig drie bokke het al gevrek.
“Ek weet nie of hulle van honger gevrek het nie. Hulle was dalk reeds siek voor ons hulle gevang het. Dit is ook moontlik dat hulle plastiek of ander goed gevreet het voor ons hulle gevang het en dat hulle as gevolg daarvan dood is,” het Shitalangaho gesê.
Sy sê die diere vreet plantasies in die dorp op. Hulle loop glo ook in die pad en veroorsaak ongelukke. Daarom word hulle gevang en aangehou totdat hul eienaars hulle kom opeis, sê sy. “Ons het baie eise ontvang van mense wat in ongelukke betrokke was as gevolg van die diere. Die onus lê op die eienaars om hul diere in kampe te hou en nie in die dorp te laat rondloop nie,” het sy gesê.
“Die kamp is veronderstel om die diere slegs tydelik te akkommodeer, maar die eienaars kom dikwels eers ná maande na vore. Tydens die vakansie lê ons baie meer op diere beslag. Ons vermoed mense kan nie bekostig om die diere te voer nie en laat hulle met opset rondloop sodat ons hulle moet vang en voer. Ons kan dit nie bekostig nie,” het sy gesê.
Volgens Shitalangaho word dit oor die plaaslike radiostasie uitgesaai wanneer beslag op diere gelê is sodat eienaars daarvan bewus is.
“Dit is baie moeilik om eienaars op te spoor - veral in die geval van donkies, varke en bokke wat nie oormerke het nie,” sê sy.
Die DBV in die Oshanastreek het van die diere se toestand bewus geword ná 'n anonieme wenk.
Ná ondersoek ingestel is, het hulle vasgestel die diere ly honger, en het hulle die diere Vrydag gaan voer.
“Die hokke waarin die diere aangehou word, was gesluit en ons moes die voer oor die draad gooi,” lui die verklaring.
“Volgens veiligheidswagte by die kamp word die diere slegs een keer 'n week gevoer. Dié wat vrek, word in 'n gat gegooi. Dan word daar petrol oor hulle uitgegooi en hulle word verbrand,” lui die verklaring.
Volgens die verklaring is baie van die diere beseer en benodig dringend 'n veearts.
“Ons is baie dankbaar vir die hulp wat ons van die DBV ontvang het. Ons het 'n goeie gesprek gevoer en hulle het aanbevelings gemaak wat ons sal opvolg,” het Shitalangaho gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie