De Beers maak nou sy eie diamante
De Beers maak nou sy eie diamante

De Beers maak nou sy eie diamante

Sou jy graag diamantjuweliersware wou koop, maar dit is net te duur?

De Beers het dan net die plan – oftewel diamant – vir jou.

Die maatskappy, wat bekend is vir sy diamante, sê sy nuwe Lightbox Jewellery-maatskappy sal diamante vir tussen US$200 (sowat R2 356) vir ’n kwartkaraatsteen tot US$800 (sowat R10 145) vir ’n steen van een karaat, verkoop.

Dit is beduidend minder as die US$12 200 (bykans R155 000) wat De Beers op sy eie webtuiste aandui as die prys vir ’n klassieke verloofring met ’n diamant van een karaat.

Hoe kry De Beers en Lightbox Jewellery dit reg?

Hy myn nie die diamante in ’n myn nie, maar maak hulle in ’n laboratorium.

“Diamante wat in ’n laboratorium ‘gekweek’ word, is ’n produk wat met behulp van tegnologie geskep word.

“Die produkte is, net soos wat ons met die skep van sintetiese saffiere, robyne en smaragde gesien het, goedkoper en meer bekostigbaar,” sê Bruce Cleaver, uitvoerende hoof van die De Beers-groep.

Cleaver sê die stene sal in verskillende kleure wat pienk en blou insluit, beskikbaar wees.

Dit sal aanvanklik net in Amerika beskikbaar wees.

De Beers oorweeg dit wel om die produkte later in ander lande beskikbaar te stel.

Die stene wat in die laboratorium “gekweek” word, sal ’n duidelike merk binne-in hê wat aandui dat dit sinteties is. Dit sal nie met die blote oog gesien kan word nie.

Daar is verskeie maatskappye wat sintetiese diamante vervaardig.

Fabriek

Die diamante gaan deur ’n ander De Beers-filiaal, Element Six, vervaardig word.

Element Six het tans net ’n fabriek in Brittanje waar dié stene vervaardig word.

De Beers gaan nou nog so ’n fabriek naby Portland, in die Amerikaanse deelstaat Oregon, bou.

Die fabriek, wat US$94 miljoen gaan kos om te bou, sal meer as 500 000 karaat diamante per jaar kan lewer.

Dit is egter steeds beduidend minder as wat ’n myn lewer.

Die Jwaneng-diamantmyn in Botswana wat deur De Beers in vennootskap met die regering van Botswana besit word, en een van die grootste diamantmyne in die wêreld is, lewer meer as tien miljoen karaat diamante per jaar. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!