De Lange klop sterk veld in die suide

Die Olimpiese vroueryer Michelle Vorster het hard geval en kon gevolglik nie die resies voltooi nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die aansluiting van Tristan de Lange vir laas naweek se Africa Safari Lodge bergfietsresies naby Mariental het verseker dat die elite mans selfs 'n haastiger tempo as gewoonlik moes handhaaf.

“Ek is rêrig in my noppies om hierdie resies vir die vierde jaar ná mekaar te wen en ek wil die organiseerders bedank dat hulle 'n roete gekies het wat nie so 'n erge impak op jou fiets het nie,” het De Lange gister gesê.

Die resies is deel van die Gravel & Dirt reeks, met Hollard en Standard Bank as prominente borge. De Lange, 'n student op Stellenbosch, sê daar was verskeie goeie ryers wat almal die vermoë gehad het om die afstand van 80 kilometer in die eerste posisie te voltooi.

Manne soos Xavier Papo, Herbert Peters, Alex Miller, Drikus Coetzee, Danzel de Koe en André de Klerk is almal die afgelope tyd sterk op dreef.

“Omdat die roete geen klimdele ingesluit het nie en suiwer vir konstante harde werk op die pedale gevra het – af en toe met ente dik sand en 'n wind van voor – het ons almal geweet dit sou 'n kop aan kop stryd wees.

“Dit sou nie maklik wees om 'n tydgaping te bewerkstellig nie.

“In die eerste van die twee baanrondtes, het die groep kort ná die wegspring verdeel met vyf of ses ryers aan die voorpunt. Omdat ek nogal lanklaas teen hulle gejaag het, was ek nie seker hoe sterk hulle sou wees nie. Die manne het mekaar gereeld getoets met 'n paar aanvalle en skynaanvalle.

“Ná 20 kilometer was die groep reeds uitgedun en was dit ek en Drikus aan die voorpunt. Vir die laaste 20 km van die eerste ronde het ons twee saamgewerk teen die wind van voor. Ons het die gaping tussen ons en die res redelik vergroot. Toe ons weer die begin/eindstreep vir die tweede baanrondte bereik, het ons geen spoed verminder nie. Ek het Drikus 'n rukkie daarna van my agterwiel afgeskud en kon daarin slaag om die voorsprong enduit te behou.”

In die vroueresies het Michelle Vorster, die Olimpiese ryer van 2016, gedurende die eerste helfte van die afstand 'n harde val gehad en moes uit die resies onttrek. Sy het darem geen frakture opgedoen nie.

Irene Steyn het die 80 km in die eerste plek voltooi, met Michelle Döman effens meer as twee minute later.

Die voorste uitslae van die ­resies was soos volg:



ELITE MANS (80 km)

1 Tristan de Lange 2:46:54

2 Xavier Papo 2:54:49

3 Herbert Peters 2:55:13

4 Alex Miller 2:56:58

5 Drikus Coetzee 2:57:57

6 Danzel de Koe 2:58:04

7 Hofmeyr van Blerk 3:49:35



SUBVETERAAN MANS (80 km)

1 Gerhard Mans jr. 2:57:55

2 Cobus Smith 3:10:22

3 Des Doman 3:14:36

4 Andre Vermeulen 3:15:31

5 Pierre Lambert 3:27:36



VETERAAN MANS (80 km)

1 Fanie Steenkamp 2:57:57

2 Piet Swiegers 2:57:57

3 Clinton Hilfiker 3:01:00

4 Tobie Gerber 3:09:40

5 Hans du Toit 3:14:27



MEESTERS MANS (80 km)

1 Stefan Bohlke 3:13:56

2 Eckhard Waldschmidt 3:22:54

3 Frank Snyman 3:22:57

4 Hentie Hough 3:24:26

5 Jan Matthys Nel 3:27:36



GROOTMEESTERS MANS (80 km)

1 Tony Bassingthwaighte 3:52:49

2 Daniel F. Small 4:48:23



RHINO-MANS (80 km, 90 kg-plus)

1 André de Klerk 2:57:56

2 Stephen Chamberlain 3:29:39

3 Morné Honiball 3:30:27

4 Volker Engling 3:33:13

5 Hannes Aucamp 3:41:06



ELITE VROUE (80 km)

1 Irene Steyn 3:17:34

2 Michelle Döman 3:20:01

3 Lelani Swart 3:53:11



SUBVETERAAN VROUE (80 km)

1 Jeanne Heunis 3:22:53

2 Serenzia van der Merwe 4:12:19

3 Mimi Hough 4:23:21

4 Marion Schonecke 4:47:41

5 Ingrid Scholtz 5:05:21



VETERAAN VROUE (80 km)

1 Wilmien Chamberlain 3:29:57

2 Petra Compion 3:36:28

3 Andra van Staden 4:02:18

4 Ester Smith 4:15:03

5 Berndine Coetzee 4:36:53



JUNIOR VROUE (40 km)

1 Monique du Plessis 2:06:17

2 Marlynne Brandt 2:57:35

3 Laura Engling 3:05:36



JUNIOR MANS (40 km)

1 Dieter Koen 1:33:11

2 Justin Vosloo 1:33:16

3 Bergran Jensen 1:35:42

4 Erich Wittmann 1:45:53

5 Lukai Soltau 2:32:13



VROUE OPE (40 km)

1 Erika Brand 1:54:53

2 Sigi Bassingthwaighte 1:59:25

3 Odette van Wyk 2:04:00

4 Claudia Suren 2:05:19

5 Vicki Vosloo 2:05:28



MANS OPE (40 km)

1 Diego Izaaks 1:33:08

2 Jafet Amukushu 1:34:45

3 Titus Koen 1:38:05

4 Fiffy Kashululu 1:38:06

5 Aidan de Lange 1:39:01



VROUE 11 km hardloop

1 Henriette Crouse 0:56:11

2 Gerda Venter 1:11:36

3 Maigon Archer 1:20:07

4 Elke Haase 1:27:16

5 Silke Pennefather 1:27:16

6 Roelien Hough 1:40:59

MANS 11 km hardloop

1 Thomas Miller 0:49:19

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!