De Lange skiet nie te kort in Dash

Irene Steyn het die soloresies vir vroue vir die tweede opeenvolgende jaar oorheers.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Tristan de Lange het die naweek die vlieënde Switser Konny Looser (32) ná ses opeenvolgende jare dramaties as die onbetwiste Nedbank Desert Dash-solokoning oor 393 kilometer onttroon.

Die 24-jarige De Lange sluit sodoende aan by die uitgelese geselskap van vorige Namibiërs wat die solo-mansresies gewen het, naamlik Dan Craven (2012), Mannie Heymans (2007), 2008 en 2010) en Johan Fourie (2006).

De Lange (Imbuko Giant), Looser (Pro Namibian Children) en Duitsland se Vinzent Dorn (MTB Pro Merchandising) het Saterdag­oggend net ná vyfuur Swakopmund saam binnegery.

De Lange het in die finale jaagtog sy eerste posisie tot by die wenpaal behou om Looser met een sekonde te klop, terwyl Dorn 12 sekondes later derde in 14 uur 55 minute 43 sekondes eindig.

Irene Steyn (Mannie's Bike Mecca) het die vroue-soloafdeling vir die tweede jaar in 19:25:43 met haar sesde deelname oorheers. Anri Parker (Indongo Toyota) was tweede (20:07:23), gevolg deur Nadine Klopper (21:02:03). Dit was Parker se vyfde solo-poging.

De Lange het teen gemiddeld 26,34 km/h na sy eerste solo-triomf voortgestoom, ná sy vorige deelnames in spanne van twee.

Jean-Paul Burger en Alex Miller (Team Cathy) kon as 'n gedugte tweemanspan heelwat vinniger teen 26,76 km/h ry om in 14:42:20 dié afdeling te wen.

Drikus Coetzee (Hollard/Davin Trust/Indongo Toyota) was aanvanklik in die voorste bondel saam met De Lange, Looser, Dorn, Daniel Abraham, Cory Wallace en Marc Pritzen.

Pritzen en die Nederlandse Paralimpiese padfietsryer Abraham kon nie die ultra-afstand voltooi nie, terwyl Kanada se 24-uur wêreldkampioen op die bergfiets, Cory Wallace, 19de geëindig het.

Coetzee het ongelukkig ná net 65 km vanaf Windhoek 'n pap wiel gekry. Met 'n gesnyde buiteband het Coetzee baie tyd verloor en kon nie weer die voorste bondel inhaal nie. Hy het vierde in 15:31:54 oor die wenstreep gery.

Coetzee het gesê: “Toe ek 'n pap band kry, was die pas baie vinnig. Ek reken ek het omtrent 180 kilometer alleen teen die wind geveg om hulle te probeer inhaal. Ek weet as ek by die voorste drie ryers gebly het, het ek met 'n stormlopie na die wenpaal 'n kans gehad om te wen. Dis 'n dobbelspel, maar dis al wat voor die wenstreep sou gebeur het.

“Ek is bly Tristan – boonop 'n Nami­biër – het gewen. Baie geluk aan hom en al die ryers.”

Yolande de Villiers, die Suid-Afrikaanse nasionale XC-kampioen, moes weens stof wat haar oë beskadig het ná die derde kontrolepunt tou opgooi.

“Volgens dr. Erik Henrichsen is die boonste lagie van die korneas afgeskuur wat skeurtjies veroorsaak het en dit het senupunte blootgestel en ek het my sig verloor,” het De Villiers gesê, maar tog belowe om in 2022 terug te wees.

Die voorste uitslae:

Solo (mans): 1 Tristan de Lange (14:55:30), 2 Konny Looser (14:55:31), 3 Vinzent Dorn (14:55:43).

Solo (vroue): 1 Irene Steyn (19:25:43), 2 Anri Parker (20:07:23), 3 Nadine Klopper (21:02:03).

Tweeryerspanne (mans): 1 Team Cathy: JP Burger/Alex Miller (14:42:20), 2 Hollard: Clinton Hilfiker/Hugo Hahn (15:27:07), 3 Sterkspan Julbo (RSA): Adriaan Myburgh/Nicolaas Sterk (15:43:33).

Tweeryerspanne (vroue): 1 Indongo Toyota: Hester Prins (Nam) en Marguerite Verwey (RSA) 19:23:12, 2 Team Vivo Vita: Janine Muller/Mari du Toit (RSA) 19:55:21, 3 PSG/Cycletec Duo: Adelé de la Rey(Nam) en Julia Jansen van Rensburg (RSA) 21:37:11.

Tweeryerspanne (gemeng): 1 MBM: Genevieve Weber/Brandon Downes (RSA, 15:46:01), 2 Indongo Toyota: Gerhard Mans Junior/Anri Krugel (16:44:00), 3 Etango: Werner Ewald/Claudia Bredenhann (18:37:55).

Vierryerspanne (mans): 1 Hollard Life: André Vermeulen/CP van Wyk/Christo Swartz/Ingram Cuff (14:16:42), 2 Cymot: Kevin Lowe/Daniel Hahn/Cobus Smit/Fanie Steenkamp (15:02:41), 3 Team RDX (RSA): Theuns van der Bank/David Garrett/Bennie Viljoen/Craig Boyes (15:07:46).

Vierryerspanne (vroue): 1 MBM Mixed: Luanne van der Schyff/Courtney Liebenberg/Silke Bean/Melissa Hinz (17:26:58), 2 Fantastic LeMa Ladies: Johanita de Waal/Nadine Towsen/Leani Roux/Mara van Wyk (20:12:18), 3 Cycles4U Girls: Zaren Knight/Keren Till/Tania Mestern/Ana Coimbra (20:33:52).

Vierryerspanne (gemeng): 1 Food Lover's Market: Michelle Döman/Hans du Toit/Elanor Grassow/Vernon Maresch (16:03:18), 2 Cymot Mixed: Piet Swiegers/Monique du Plessis/Jean-Marie Mostert/Bergran Jensen (16:11:56), 3 CT Hydraulics Mixed: Candice Wiggil/Morné Honiball/Jeanne Heunis/Tyrone Kotze (16:33:05).

- [email protected]

• Meer oor die Dash binne in Sport Wrap

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!