De Lille dalk al binne 12 dae uit
De Lille dalk al binne 12 dae uit

De Lille dalk al binne 12 dae uit

Die DA-koukus sal nie vandag al ’n mosie van wantroue in De Lille kan instel nie.
Jacob Rooi – Patricia de Lille kan tegnies gesproke oor 12 dae uit haar pos as uitvoerende burgemeester van Kaapstad geskop word.

De Lille, wat sedert Woensdag die tonge opnuut los gehad het oor haar optrede by die EFF se roudiens vir Winnie Madikizela-Mandela op Brandfort in die Vrystaat, se posisie gaan vandag op ’n vergadering van die DA-koukus in die stad bespreek word.

JP Smith, waarnemende koukusleier van die DA in die metro, het Vrydag gesê verskeie raadslede het aangedui hulle wil oor die De Lille-kwessie praat. Die DA-koukus sal nie vandag al ’n mosie van wantroue in De Lille kan instel nie.

Ingevolge die nuwe “herroepingsklousule” wat verlede naweek op die DA se kongres aanvaar is, moet enige koukus wat vertroue in ’n uitvoerende lid verloor het, die party se uitvoerende federale bestuur (Fedex) nader om met ’n mosie van wantroue voort te gaan.

James Selfe, voorsitter van die Fedex, sê dit is om te verseker daar is wesenlike en dwingende gronde vir so ’n mosie en dat dit byvoorbeeld nie op persoonlikheidsbotsings gegrond is nie.

Indien die Fedex toestemming verleen, kan so ’n vergadering nog in vandeesweek gebeur, waar die mosie van wantroue in De Lille aanvaar kan word, verneem Rapport. Gebeur dit, moet dit weer na die Fedex verwys word, waarna De Lille geleentheid sal kry om voorleggings te maak.

Indien die Fedex besluit sy moet bedank, het sy 24 uur om dit te doen. Weier sy, verloor sy ingevolge die nuwe klousule haar lidmaatskap van die party.

In dié stadium is daar ’n sterk vermoede dat dié roete gevolg kan word.

Oor De Lille se toespraak by die EFF-roudiens sê Selfe dit was onder die omstandighede gepas vir haar om daar te praat. “Ons sou verkies het dat sy vooraf kennis daarvan gegee het.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!